Net 20 minute beskikbaar? Lees vir jou kind voor! 2

Wat moet jy doen as jy net 20 spaarminute het? Lees vir jou kind voor. Hardop uit ’n goeie storieboek. Jy weet mos nou al dat ek altyd so aangaan en aangaan oor voorlees. En dat dit ook die tuisskoolraad was wat Leendert van Oostrum vir my gegee het toe ek kanker gehad het.

Intuïtief en uit ondervinding weet ek voorlees werk. Maar ek het nog mooi verstaan hoekom dit SO GOED werk nie.  En dis waar Hannekie Verwoerd, tuisskoolma en spraak- en taalterapeut, in die prentjie kom.

Gaan luister of kyk na die onderhoud oor voorlees wat ek met Hannekie gedoen het. Glo my, dis die beste veertig minute wat jy ooit van jou tyd sal afstaan.

Hannekie antwoord onder meer die volgende vrae oor voorlees

Hoekom die vreeslike klem op voorlees?

Kan ek nie maar net met my kind gesels nie? Of my kind Heidi of Pinocchino op die TV laat kyk nie? Haar antwoord gaan jou met ander oë na boeke laat kyk.

Maak dit kinders nie lui om self te lees nie?

Baie ouers vra hierdie vraag en Hannekie verduidelik baie mooi hoekom jy nie hieroor bekommerd hoef te wees nie.

Kan mens ook vir jou kind uit sy tweede taal voorlees?

Beslis! Maar daar is ’n belangrike voorwaarde. Kyk na die onderhoud en vind uit wat dit is.

Wat van gunstelingstories wat ek oor en oor vir my kind moet lees?

Vind uit hoekom Hannekie dink dis vreeslike goeie nuus  as jou kind so ’n gunstelingstorie het.

Sy beantwoord nog talle ander vrae, soos:

  1. Tot op watter ouderdom behoort mens vir jou kinders voor te lees?
  2. Is voorlees van stories dieselfde as slaaptydstories?
  3. Moet my kind so stil soos ’n muis wees as ons stories lees?

Gaan luister hier na die onderhoud.

Dit gaan jou insig oor jou kind se taalontwikkeling op ’n heeltemal ander vlak sit.

Gaan kyk gerus ook hier na die wonderlike webwerf wat Hannekie het waar sy boeke voorlees.

Lus om eerder ’n opsomming te lees? Klik hier! 

En hier is nog kyk op die geweldige voordele van voorlees. Die keer gee die manier waarop grootmense ’n tweede taal aanleer mens nuwe insig.

Op soek na 'n leeslys van beskikbare boeke?

Skryf in vir hierdie gratis kursus en kry toegang tot allerhande lekker gratis hulpbronne, onder andere ook 'n leeslys

Uit ondervinding weet ons voorlees werk. Maar hoekom werk dit SO GOED? ’n Spraak- en taalterapeut verduidelik mooi wat die voordele van voorlees is.

Leave a comment

2 thoughts on “Net 20 minute beskikbaar? Lees vir jou kind voor!