September is dit tyd vir SKRYF! + bonusse

September is SKRYF-maand by oolfant.

Hierdie maand is daar ‘n spesiale aanbod waar jy oolfant se twee skryfkursusse kan koop en boonop 2 gratis bonuskursusse bykry. 

Dis wat alles ingesluit is vir net R1399 per gesin:

Dis wat ma's oor oolfant se skryfkursusse te sê het:

Adri Hugo

“Dit is so maklik om oor te skakel na Engels toe omdat ons ervaring met oolfant se Afrikaanse skryfkursusse so positief en volledig is!” 

Lana Maree

“My dogter (16) is so ver verwyder van ‘n skrywer soos Pluto van die son. Sy is ‘n boer in murg en been en ‘n buite kind wat geen nut sien vir pen en papier en skryf nie. Aanvanklik het sy met ‘n redelike dik bek voor die skerm gaan sit om die lesse te kyk, maar tot ons albei se groot verbasing het sy, deur die raad stap vir stap toe te pas nogal ‘n heel aanvaarbare paragraaf geskryf die eerste keer en dus van daar af met baie minder moeite die lesse gekyk.” 

Janet Kleynhans

”My dogter het dadelik die stappe vir ‘n paragraaf skryf toegepas, en daarna sê sy verbaas dat sy nie kan glo die paragraaf is haar eie handewerk nie. Sy mag dalk selfs van skryf begin hou.”