Entrepreneurskap: tuisskolertjie wys hoe

Ek is vreeslik opgewonde om my hierdie  kuberkuiertjie met jou te kan deel. Dis ‘n onderhoud met die dertienjarige Niah Malan en haar ma, Tanya. En dit gaan oor entrepreneurskap vir tuisskolers.

Niah was net 12 jaar oud toe sy in 2018 ‘n Tinteltong-toekenning van Afriforum en Afrivriendelik ontvang vir die mees innoverende Afrikaanse produk.

Sy vervaardig ‘n velsorgproduk met die naam Boeremeisie Beeldskoon. En hier is haar Facebookblad.

Maar dis nie al nie. Niah se boetie, Dürandt, het óók sy eie besigheid en hier is sy webwerf. Dürandt is die plante-man wat erfenissaad verkoop. En reusepampoene kweek.

Jy kan hier na die hele onderhoud luister.

Maar laat ek gou vir jou vertel van die hoogtepunte uit hierdie kuberkuiertjie. As jy op die skakel klik, neem dit jou dadelik na daardie deel van die onderhoud.

1.     Die poeding was vir Niah die lekkerste van die toekenningsaand! 😊

https://youtu.be/uJfBFmgX9J4?t=1m40s

2.     Wat is Niah se WARE rede waarom sy haar besigheid begin het:

https://youtu.be/uJfBFmgX9J4?t=4m36s

3.     Hoekom Tanya dink ons ons kinders moet leer om van entrepreneurskap

https://youtu.be/uJfBFmgX9J4?t=5m20s

4.     Hoe Tanya op ‘n besigheidsidee vir kleinsus Abi gekom het

https://youtu.be/uJfBFmgX9J4?t=7m6s

5.     Hoe Niah voel as sy nog ‘n suksesvolle verkoop het

https://youtu.be/uJfBFmgX9J4?t=9m

Ek hoop jy geniet hierdie kuberkuier. Ek was verras oor die gehalte van die klank wat ons sommer met rekenaars en selfone kon optower. En dit klink sowaar of ons drie sáám in een vertrek is en nie amper as 15 000 kilometer uitmekaar nie.

As ek so opgewonde raak oor Niah se produkte, is dit omdat Niah en Tanya dit vir my oor die telefoon gewys het. Ek wens so ek kon regtig daardie mooi, blou produkte in my eie hande vashou. Sy is nog so jonk, maar wys klaar vir ons ware entrepreneurskap.

Dit was ook vir my baie spesiaal dat ek die dag voor haar twaalfde verjaarsdag met Niah kon gesels. Geluk met jou verjaarsdag, Niah. Jy’s die ster van Sterkfontein, hoor!

Niah maak my trots om myself ‘n tuisskoler te noem. En Niah (en haar gesin) se pragprestasie is iets wat jy gerus onder tuisskool-skeptici se neuse kan druk. Ongelooflik dat sy nog nooit ‘n enkele dag op ‘n skoolbank deurgebring het nie.

Tuisskool bo!

Lus vir nog stories oor suksesvolle tuisskolers?

Lees dan hoe Elsa van Lill geweier het om haar droom op te gee om ‘n diereverpleegster te word en hoe sy net aangehou en aangehou het totdat sy dit reggekry het,
LEES Elsa se storie hier.

Op soek na meer inspirasie en raad oor tuisonderwys?

Hierdie gratis aanlyn kursus wys jou hoe

Vind onder andere uit:

1. Waarop jy moet fokus as jou kinders laerskoolouderdom is

2. Wat al die voor- en nadele van elkeen van die matriekroetes is

3. Hoe om jou kind se werk te merk

4. Hoe om ander mense (en jouself) te oortuig dat tuisskool die beste ding is

5. Hoe om te weet of jy jou kind op standaard is

Daar is:
  • Voorbeeldlesse
  • Webinare (3 ure se kyktyd)
  • Video’s (2 ure se kyktyd)
  • Werkboeke wat jy kan deurwerk om jouself op koers te kry
  • PDF’s met van die beste idees oor tuisonderwys
  • ʼn Aftiklysies wat jou help om die ideale tuisskooldag te beplan
  • Platsakplanne wat jy kan maak
Niah Malan (13) is 'n tuisskoler met haar eie besigheid. In hierdie onderhoud gesels sy en haar ma, Tanya oor entrepreneurskap vir tuisskolers.

Leave a comment