Is dit dan net my kind wat so sukkel? 2

Voel dit partykeer vir jou ook of AL die ander ma’s se kinders so slim is? Of hulle ALLES wat hulle aanpak die eerste keer regkry? Of hulle NOOIT misluk nie? Hier is Marianne van Lill en haar dogter Elsa se mooi storie. Vol sukkel maar met uiteindelike sukses …  Ek stel Marianne graag aan die woord:

Uithou, aanhou, moedhou – dit is ons as tuisskolers se leuse.

Uithou, al is ons moeg.

Aanhou, al gaan dit swaar.

En moedhou, al het ons nie meer moed nie.

Ons as gesin het so elf jaar gelede besluit om te tuisonderwys en het ek my oudste twee uit die skool gehaal. My jongste was in daardie stadium nog klein en het tot vandag toe nog nooit skool toe gegaan nie.

Begin met Cambridge … sukkel met Chemie

Elsa, my oudste, was toe in graad 9. Vir die eerste jaar het ons maar soos ons almal aan die begin, boeke gekoop en met ’n spoed weggetrek en gewerk. Die volgende jaar het sy na Cambridge oorgeslaan, want sy wou op daardie stadium veearts word. Sy het van haar IGCSE vakke gedoen en toe sy met die AS-vlak begin het, het iemand haar genooi om ’n dag by ’n veeartspraktyk deur te bring. Dis waar sy toe kennis maak met die diereverpleegstersberoep.

Daar en dan besluit Elsa diereverpleegster is eerder wat sy wil word. Maar veral Chemie was nie haar sterk vak nie en dit het maar moeilik gegaan.

Sy het aansoek gedoen by Onderstepoort waar hulle haar voorwaardelik aanvaar het. Daardie tyd is die Cambridge uitslae eers na die universiteit al begin het, bekend gemaak. Omdat die uitslae so laat was, kon sy nie dadelik by Onderstepoort begin nie. Toe gaan smeek sy hulle dat sy maar solank kan begin klas draf. Hulle stem in … maar toe haar uitslae kom, was haar Chemiepunt nie goed genoeg nie. Sy moes druipstert die klas verlaat.

Voordat sy terug was by die huis, het sy egter al ’n plan gehad. Sy het onmiddelik veeartse in die omgewing begin bel en vir haar werk gekry vir die res van die jaar. Intussen het sy die Chemie weer aangepak en in Junie van daardie jaar weer die Cambridge-chemie-ekamen geskryf. Nog ’n keer was haar gradering nie watwonders nie, maar sy het weer aansoek gedoen tot toelating by Onderstepoort.

Elsa se gesukkel kry einde

Sy het ook toe dadelik begin leer sodat sy Chemie in Oktober weer ’n keer kon skryf. Nog voor sy weer die Cambridge eksamen kon skryf, het Onderstepoort haar toe wel aanvaar. Dit was toe nie eers onderhewig aan haar Chemiepunt nie.

Elsa het nogtans die Chemie-eksamen vir ’n derde keer gaan skryf. Toe sy haar uitslae kry, was dit ver bo wat sy die vorige twee keer behaal het. Sy het dus uitgehou, aangehou en nooit moed verloor nie.

Uiteindelik het sy haar verpleegstersdiploma sonder probleme geslaag en staan vandag suksesvol in haar beroep. Soos wat die foto’s so duidelik wys!

Seuns sukkel minder, maar hulle het vroeër met tuisonderwys begin

Pieter-Daniel, my oudste seun, het dit makliker gehad. Waarskynlik omdat hy jonger as Elsa was toe ons met Cambridge begin het. Hy en Elsa het Cambridge sommer saam-saam geskryf – ek het dus twee gelyk in “matriek” gehad. (Dit was hier waar ék moes uithou, aanhou en moedhou!)

Pieter-Daniel het sy Cambridge eksamen suksesvol afgelê, programmering gaan studeer en ook hy staan vandag suksesvol in sy beroep.

Gerrit, ons jongste, is nou besig met sy AS vlakke en nog effe onseker oor wat hy wil word.  Maar met die suksesverhale van die oudste twee, weet ek dat ek vir laaste bietjie moet uithou, aanhou en moedhou!

’n Suksesvolle einde is in sig!

Vir meer inligting oor hoe Afrikaanse ma’s Cambrigde aangepak het
KLIK HIER.

Brand jy vas met iets in tuisonderwys?

Kry hier hulp!

Vind onder andere uit:

  • Waarop jy moet fokus as jou kinders laerskoolouderdom is
  • Wat al die voor- en nadele van elkeen van die matriekroetes is
  • Hoe om jou kind se werk te merk
  • Hoe om ander mense (en jouself) te oortuig dat tuisskool die beste ding is
  • Hoe om te weet of jy jou kind op standaard is

Daar is:

  • Voorbeeldlesse
  • Webinare (3 ure se kyktyd)
  • Video’s (2 ure se kyktyd)
  • Werkboeke wat jy kan deurwerk om jouself op koers te kry
  • PDF’s met van die beste idees oor tuisonderwys
  • ʼn Aftiklysies wat jou help om die ideale tuisskooldag te beplan
  • Platsakplanne wat jy kan maak

Geniet hierdie skatkis van gratis hulpbronne wat jou dadelik:

  • Meer gemoedsrus
  • Fokus
  • Goeie struktuur
  • Afskopplekke gaan gee

Maak ʼn skittersukses van tuisonderwys.

As jy voel of dit net jou kind is wat so sukkel, skep moed by hierdie tuisskoler vir wie dinge nie die eerste keer uitgewerk het nie. Tog het sy volgehou!

Leave a comment

2 thoughts on “Is dit dan net my kind wat so sukkel?