Hou Wiskunde veral in Afrikaans as julle huistaal Afrikaans is. Wiskunde is die mees abstrakte vak wat jou kind moet leer. Moet dit beslis nie in 'n tweede taal probeer aanleer nie.
Kennis van ʼn hoëstatustaal soos Engels is nuttig, maar die geskiedenis wys vir vooruitgang is verskeie tale beter. Dis beter om in jou moedertaal te leer.