Ondersteuning

Laat sak jou Facebook-fasade (kry meer ondersteuning)

Dis menslik om voor te gee dit gaan beter met jou as wat dit regtig gaan en om ʼn Facebook-fasade voor te hou. En hier is tuisskoolma’s geen uitsondering nie. Dus kan dit baie keer vir jou lyk of al die ander ma’s en hulle kinders so goed vaar. Jy is die enigste een is wat vasbrand. Jy begin wonder of dit dalk net jou kinders wat nog nie kan lees nie. Dalk is hulle die enigstes wat sukkel met somme. Miskien laat niemand anders se kinders se gesindheid teenoor leer party dae veel te wense oor nie. Jy het ondersteuning nodig. En jy gaan dit vind in jou tuisskoolvriendinne. Hier is ’n paar wenke om in gedagte te hou as jy met ander tuisskolers kontak het.

Moenie jou binnekamerlewe teen iemand anders se sitkamerlewe opweeg nie

Mens wil graag jou bloedjies beskerm en so goed as moontlik laat lyk in ander se oë. Maar soms is dit nodig om jou opgedolliede Facebook-fasade weg te skuif en mense te laat agterkom jy of jou kinders trek swaar. Jy het ondersteuning nodig.

’n Paar keer al het tuisskoolvriendinne my in hulle vertroue geneem en gebieg dat hulle twyfel oor hulle sukses. Hulle het vertel van akademiese probleme, karakterkwessies of emosionele tameletjies waarmee hulle kinders stoei.

Elke keer wat dit gebeur het, het ek sug van verligting geslaak, en op my beurt my eie twyfel oor tuisskool gedeel. Na sulke gesprekke kon ek, en hopelik my vriendin, met meer moed na huis en haard teruggekeer.

Hoe snuffel mens die beste vriende vir ondersteuning uit?

Ek vind hierdie raad hoe om vriende te kies nuttig. ’n Ware vriendin is iemand wat die beste wil hê vir die beste deel in jou. ‘n Ware vriendin is iemand by wie jy ondersteuning kan kry. Daar is twee vereistes waaraan ’n goeie vriendin moet voldoen:

  1. ’n Goeie vriendin is iemand met wie jy jou probleme kan deel

  2. ’n Goeie vriendin is iemand met wie jy jou suksesse kan deel.

Dis hoekom jy ondersteuningsgroepe nodig het

Ek dink nie dis ’n goeie idee om jou geheime en jou gesukkel met elke Jan Rap en sy maat te deel nie, maar ’n verstandige vertroueling of twee, wat jou posisie begryp, is ’n goeie idee.

Sluit aan by tuisskoolgroepe, maak vriende, deel mekaar se lief en leed. Jy gaan jou tuisskoolvriendinne baie nodig hê, nie net vir inligting oor die beste handboeke en kursusse nie, maar ook vir aanmoediging en om die perspektief te behou as jy jou tuisskoolstrategie weer en weer sal moet aanpas.

Hier kan jy sien watter ondersteuningsgroepe in jou gebied bestaan. Gaan loer ook gerus op Facebook rond vir ondersteuningsgroepe.

Gesprekke met ander ma’s wat met dieselfde dinge as jy sukkel, help jou insien watter regstellings om te maak. Partykeer is dit groot veranderings, soos om ’n hele kurrikulum te laat vaar; ander kere is dit kleiner verstellings, soos om Wiskunde vroeg in die oggend te doen. Soms is dit net dat jy besluit almal vat nou ’n hele week af, want julle is uitgebrand.

Die wonder van tuisskool is dat jy jou gesin se onderwys presies vir jóú gesin se omstandighede en vereistes kan verstel. Die gawe van tuisskool is dat jy vriendinne kan hê wat jou kan help om beter keuses te maak. Die seën van tuisskool is dat jy jou mislukkings en sukses eerliker kan deel. Soek ware vriende. Maar belangriker, wees ook ’n ware vriend vir ander tuisskoolma’s.

Komaan, laat sak jou Mevrou-Perfek-Masker — die ware jy is interessanter en meer inspirerend.

Meer hulp en raad oor tuisonderwys nodig? Lees dan ook hierdie artikel.

SKRYF GERUS OOK IN VIR HIERDIE GRATIS KURSUS WAT HOPE HEERLIKE HULPBRONNE AAN JOU BIED

Tuisskoolma's het ondersteuning nodig. Sluit aan by ondersteuningsgroepe, maar moenie iemand anders se sitkamer-lewe met jou binnekamer-lewe vergelyk nie.

Leave a comment