Verbeter so jou kind se leesvlotheid 4

Hoe kan ons ons kinders se leesvlotheid verbeter as hulle net eers die basiese leesvaardigheid onder die knie het?

“Ek is op soek na ‘n leesprogram wat ek kan bestel of aanlyn doen. Iets wat my kinders se leesspoed en leesbegrip kan verbeter.”

So vra ʼn ma nou die dag op Facebook.

En geen wonder nie, want onlangs het berigte van Suid-Afrika se kinders en hulle bedroewende leesvermoëns weer opgeduik. Lees hier meer daaroor.

Hier gaan ons: my 5-punt-plan om jou kinders vinniger en met meer begrip te leer lees.

Gaan hierdie manier van doen vir jou oornag sukses bring?

Nee.

Maar gaan jou kind se leesvlotheid verbeter as jy dit vir ʼn paar maande lank kan volhou?

Ongetwyfeld.

1. Laat jou kind elke dag vir jou hardop voorlees

As julle nie gewoond is om dit te doen nie, begin met net eers twee minute per dag en bou dit geleidelik op totdat jou kind 10 minute per dag vir jou voorlees.

Dit maak nie saak waaruit jou kind voorlees nie. Net solank dit kom uit ʼn boek of tydskrif waarvan hy baie hou. As jy ʼn storieboek kies, kies een wat dalk net-net te moeilik is vir haar.

Oorweeg gerus artikels in byvoorbeeld die Weg-tydskrif vir voorlees. En moenie die gratis webwerf http://www.mieliestronk.com/ weggooi nie.

Omdat dit sulke goeie oefening is vir frasering en leestekengebruik, dink gerus ook daaraan dat jou kind per week vir jou ʼn gedig of twee voorlees. Kry hope gratis gedigte hier:

https://maroelamedia.co.za/kategorie/afrikaans/gedigte/

2. Lees vir jou kind voor vir beter leesvlotheid

Hou aan om vir jou kind voor te lees uit wonderlike boeke wat hy of sy self nog nie kan lees nie. Daar is ʼn mag der menigte redes waarom voorlees een van die beste dinge is wat jy ooit vir jou kind kan doen. Maar as dit spesifiek oor beter lees gaan, is dit omdat voorlees sy woordeskat en baie, baie belangrik, sy algemene kennis uitbou.

KLIK HIER om uit te vind van die navorsing wat wys dat ʼn gebrek aan algemene kennis een van die hoofredes is waarom mense nie verstaan wat hulle lees nie.

3. Laat jou kind elke dag bietjie terugvertel

Dit beteken nie jy “toets” of hy of sy verstaan het wat julle gelees het nie. Kry hulle net sover om hulle gedagtes in woorde om te sit, wat ander mense kan verstaan.

Die blote feit dat jy jou kind verplig om te dink oor wat hy gehoor het, en dit op ʼn logiese manier agtermekaar te sit, gaan sy leesbegrip verbeter.

Baie belangrik: moenie van terugvertel ʼn groot storie en ʼn geweldige las maak nie. Wil jy beter samewerking van jou kind hê? Laat sy self kies waaroor sy wil terugvertel.

Eerlikwaar, dit maak nie saak WAT die inhoud is nie, dit gaan oor die tegniek en inoefening. Enigiets wat jou kind interesseer kan gebruik word om terugvertelling mee te oefen.

Het jy meer hulp en wenke oor terugvertelling nodig?

Onthou van hierdie twee artikels wat vir jou beskikbaar is.

1. KLIK HIER VIR: Terugvertel – gebruik dit so

2. KLIK HIER VIR: Hoe kry jy jou kind aan die praat. En hoekom wil jy dit doen?

4. Skryf help ook met leesvlotheid

Laat jou kind elke dag iets afskryf of dikteer iets vir hom of haar en laat hulle dit skryf.

Om self te skryf, aktiveer heel ander dele van die brein, wat verder ook met lees help.

KLIK HIER en lees gerus hierdie artikel as jy meer wil weet oor die verband tussen lees en skryf.

5. Bietjie werk + elke dag = reuseresultate

En my laaste stukkie raad? Doen elke dag net ‘n bietjie werk, maar doen dit elke, liewe dag. 

En daar het jy dit! My 5-punt-plan om seker te maak jou kind leer vinniger en met meer begrip lees.

Laat weet my gerus of jy dit uitgetoets het. En ook of dit toe gewerk het.   

Op soek na 'n heerlike leeslys van Afrikaanse boeke?

Skryf dan in vir hierdie GRATIS aanlyn kursus waar daar nie net 'n leeslys is nie, maar ook hope ander gratis hulpbronne vir Afrikaanse tuisskolers

Verbeter jou kind se leesvlotheid met herdie 5-punt-plan. Leer hulle vinniger en met meer begrip lees sonder dat dit jou 'n sent kos.

Leave a comment

4 thoughts on “Verbeter so jou kind se leesvlotheid