Dis hoe kinders eintlik leer

Kan jy nog onthou hoe jou kinders leer loop het? Almal het gesê dit moet om en by die eerste verjaardag gebeur. As jy meer as een kind het, weet jy dáárdie netjiese skedule werk nie altyd nie. Jou een kind het byvoorbeeld vir vandat hy sewe maande was gekruip, maar het eers op dertien maande begin loop. Die ander een het eers op tien maande op haar boudjies begin seil. Maar binne ʼn maand daarna opgestaan en begin loop.

Om John Holt, die skrywer van How children learn aan te haal:

“Ons maak asof kinders treine is wat volgens ʼn rooster werk. Kinders is nie treine nie. Hulle leer nie teen ‘n egalige pas nie. Hulle leer in kraglopies, en hoe meer geïnteresseerd hulle is in wat hulle leer, hoe vinniger sal hierdie kraglopies wees.”

Daar is so baie dinge wat daardie kleine mensie moes verstaan en wat hy moet kan doen, voordat hy kon loop. Hy moes afstand en spoed leer skat. Hy moes leer om hom te balanseer en hy moes arms en bene saam laat werk. Al hierdie dinge het hy voel-voel en val-val geleer in die maande of weke wat hy eers leer sit en toe leer kruip of seil het. Toe was dit een treetjie op sy eie, toe twee, totdat hy uiteindelik maklik loop. Vandag kan jy soms nie glo hoe rats jou seunskind is nie.

Alle leer vind op dieselfde manier plaas as om te leer loop: leer ʼn bietjie, oefen dit dan eers goed in, leer nou die volgende, effens moeiliker ding, en so aan.

Konsolidasie is deel van hoe kinders leer

Die leerproses bestaan nie uit kort sporte wat jy vinnig uithardloop nie, maar het staanplekke op pad boontoe. Met die bemeestering van nuwe kennis of ʼn nuwe vaardigheid is daar altyd ʼn fase waarin die kind die nuwe kennis moet konsolideer. Dit is die plek in die leerproses waar die kind eers op ʼn trappie rus voordat hy verder klim. Hoe vinnig die kind die trappies uitklim en hoe lank hy op elke trappie rus, wissel van kind tot kind.

Hoe kinders leer: Geletterdheid en vlotheid

Nog ʼn manier om na die leerproses te kyk, is om in te sien dat dit uit twee stappe bestaan. Die eerste is die leer ken van die stof. Die tweede is dan die toepas van die nuwe kennis. Kom ons noem die eerste fase geletterdheid en die tweede fase vlotheid. Laat ek vir jou die twee fases verduidelik deur ʼn vaardigheid wat jou kind baie nodig het – die vaardigheid om te kan tel.

Om te tel is een van die beste maniere om ʼn kind se wiskunde-begrip te vorm. Laat hy alles in jou huis tel en in groepies rangskik: lepels en boeke, haarknippies en wattebolletjies. Eers moet hy in ene tel, maar later ook in twees, in vywe en in tiene. Laat hom op die wipmat sy spronge tel en laat hom in die kar die kragpale tel as julle ry. Maak van tel ʼn speletjie.

Jy kan egter nie van ʼn kind verwag om vlot tot by honderd te tel as sy nie eens die eerste tien syfers se name ken nie. Dan moet sy eers met die eerste tien syfers vlot kan tel, voordat sy kan aanbeweeg en die name van die getalle tot by twintig leer. Van twintig af vorm daar, minstens in Afrikaans en Engels, ʼn duideliker patroon en nou raak dit makliker en vinniger om na dertig en veertig en dan tot by honderd aan te skuif.

Dis wat ons bedoel met geletterheid, wat die ken van die name is, en vlotheid, om die getalle met gemak die een na die ander te noem.

Hoe kinders leer: Die “seweheid” van sewe

Daar sit egter meer aan getalbegrip as om bloot getalle se name te leer ken. Vir ʼn kind om byvoorbeeld regtig die “sewe-heid” van sewe te kan verstaan, moet hy kan sien sewe is ʼn getal wat uit drie goed en dan nog vier bestaan. Sewe is ook ʼn getal wat uit vyf goed en nog twee goed kan bestaan. Sewe, so kan hy ook algaande sien, is ʼn getal waarvan die hopie goed nooit mooi netjies in twee gedeel kan word nie. Die konsolidasie van kennis het plaasgevind en geleidelik begin jou kind verstaan wat ʼn ewe en wat ʼn onewe getal is.

Onthou van die konsolidasiefase van leer as jy weer ongeduldig raak, omdat dit voel of jy jou kind nie vorder nie.

Die probleem met toetse en eksamens en konsolidasie van kennis

Lees hier meer hoekom toetse en eksamens op die verkeerde tyd kan inmeng met elke indiwiduele kind se konsolidasie van kennis.

Klik en lees meer.

Op soek na meer wenke en raad oor tuisonderwys?

Skryf dan in vir hierdie GRATIS aanlyn kursus wat volgepak is met gratis hulpbronne

As 'n mens nuwe kennis of ʼn nuwe vaardigheid moet bemeester, is daar altyd ʼn fase nodig waarin die kind die nuwe kennis moet konsolideer.

Leave a comment