Hoe kan ek tuisskool bekostig?

Baie mense vra hulle self af of hulle tuisskool sal kan bekostig as ma moet ophou werk. Laat hierdie tuisskoolma jou inspireer met al haar planne.

Verlede jaar het tuisskoolma, Lana Maree se dogter onverwags probleme met haar voete begin ondervind. Sy kon nie meer dans nie en sy kon nie meer hardloop nie.

Die oplossing?

Kry raad by ʼn ortopedis of spesialisvoetdokter.

Die probleem?

Dit kos R2500. En dis net vir die eerste konsultasie. Hoe kon hulle die res van die behandeling bekostig.

Maar Lana se man, Cobus sê nie verniet nie, die kort beskrywing van sy vrou se persoonlikheid is: ”See a problem, fix a problem.”

Die plan?

Bak elke Vrydag vetkoeke vir hulle dorp se mense.

Die projek?

Die Marees het die vetkoeke op ʼn Woensdag op hulle dorp se advertensiegroep geadverteer. Mense kon tot tienuur Donderdagaand bestellings insit. Na tien die aand het Lana dan die deeg aangemaak en maalvleis gaargemaak.

“Op ʼn Vrydagoggend vroeg dan spring ons almal in. Pa rol die deeg uit en druk die vetkoeke uit. Ek en sussie bak. Dan begin Pa en Ouboet vetkoeke oopsny en vul met maalvleis. Die kleintjies verpak dit in die polistireenbakkies. Elfuur spring ek in die kar met die kinders en dan gaan lewer ons dit in die dorp af.”

Toe Ouboet einde verlede jaar geld nodig gehad het vir noodhulpkursusse wat hy nodig het omdat hy ʼn paramedikus te word, het die gesin weer almal saam ingespring en dit gedoen. En so seker gemaak hulle kan dit bekostig.

‘n Onderhoud vol planne om tuisskool te kan bekostig

Die onderhoud wat ek met Lana gevoer het, was vir my so ʼn inspirasie. Sy laat haar deur niks onderkry nie en het soveel planne en projekte dat mens skaam voel omdat jy nie meer doen nie.

Om mee te begin het die gesin Maree ʼn dansskool. Wat sin maak as mens hoor dat Cobus en Lana mekaar op die dansvloer tydens ʼn kompetisie ontmoet het.

Elke vakansie bied die Marees dansklasse vir tuisskolers aan. Aanvanklik het hulle met volwassenes begin, maar mettertyd al hoe meer met kinders begin werk.

Hulle leer die kinders soveel meer as net dans. Hulle leer ook basiese lewensvaardighede, soos hoe om ʼn meisie te vra om met jou te dans en ook hoe om ʼn afspraak met ʼn meisie te maak. En die dansklasse help boonop ook met grootmotorieseontwikkeling, ritme en balans.

Drie van Lana se vier kinders is reeds betrokke by die dansskool. Sy gebruik elke kind se persoonlike sterk punte om te help by die skool, verduidelik sy.

As jy wil sien hoe kleinsus, wat nou tien is, al haar eerste soloklas aanbied vir kinders tussen 12 en 19, gaan loer gerus by die dansskool se Facebookblad.

Meer planne om tuisskool te kan bekostig

Toe Cobus ʼn paar jaar gelede sy werk verloor het, het hulle gesin besluit om hulle lewenstyl drasties te verander en plaas toe te trek. Deesdae sit Cobus windpompe op vir ʼn lewe. Die oudste twee help hom nou daarmee nadat Cobus se pa siek geword het en nie langer kon help nie.

“Hulle sê dis vir hulle die lekkerste ding ooit dat hulle saam met hulle pa kan tyd spandeer.”

Cobus het dié jaar ook sy eerste sweiskursus aangebied. Tesame daarmee het Lana ʼn tuinboukursus en haar tuisskoolvriendin, Liselet Jacobs, ʼn naaldwerkkursus aangebied. Hierdie kursusse was spesifiek vir tuisskolers. En was so gewild dat mense van oor die hele land wil hê dat die kursusse op toer gaan.

Maar daar is darem ʼn paar dinge wat Lana op haar eie ook doen, soos die hare wat sy sny en doen. Haar haarkappery is oop as die ander haarkappers toe is, vertel sy. Sy sny en doen in die aande en op Saterdagoggende hare.

Verder het Lana ook ʼn aanlyn kursus. In hierdie kursus lees sy Afrikaanse boeke en stories voor, met ander woorde oudioboeke. Sy gebruik graag ouer boeke, met goeie woordeskat. As sy vir haar kinders voorlees, neem sy dit op en plaas dit dan op haar webwerf.

Klik hier en vind meer uit oor haar kursus.

Hoe kry sy dit om so baie dinge te doen, wou ek weet. Is sy vreeslik georganiseerd?

Nee, lag sy, Cobus is die een wat georganiseerd is. Maar sy kan onder druk baie goed fokus.

“Die geheim is dat ons gesin saamwerk in alles wat ons doen,” sê sy.

Lana se filosofie oor tuisskool

Dis dalk die moeite werd om te luister as hierdie ma oor tuisonderwys begin praat.

Hulle het begin tuisskool weens ʼn gehoorprobleem wat haar oudste dogter gehad het.

“Maar die rede waarom mens begin tuisskool, is gewoonlik nie die rede waarom mens aanhou nie,” sê sy.

Aanvanklik het hulle ʼn formele leerplan gebruik, maar dit het baie stremming op hulle gesinslewe gesit en hulle het baie vinnig begin om hulle eie ding te doen.

“Elke geleentheid is ʼn leergeleentheid,” is Lana se filosofie.

En ook: “Ons is nie net hier gesit vir onsself nie. Ons is hier om ʼn verskil te maak.”

Sy vertel ook van haar dogter se liefde en belangstelling in boerdery. Haar dogter was veertien toe sy deur ʼn KI kursus gevlieg het. (Vir die ander stadsjapies soos ek, KI is kunsmatige inseminasie.) Die dogter het 95% vir teorie gekry en 93% vir haar prakties.

“Sy is uit en uit ʼn boeremeisie!”

Wat Lana graag vir nuwe tuisskolers sê, is: “Voor jy sê jy kan dit nie bekostig nie, gaan maak jou somme en kyk of jy as mamma regtig ʼn verskil maak in die huis se finansies. En of jy dalk net werk om die kinders skool toe te stuur.

“En ja, ons maak opofferings om ons kinders te tuisskool, maar dis so die moeite werd.”

Kyk en geniet die onderhoud hier!

Vir meer inspirasie en om te hoor hoe ‘n ander tuisskoolma’s tuisonderwys aanpak, kyk gerus ook na hierdie onderhoud.

Op soek na meer inspirasie en raad om ‘n sukses van tuisonderwys te maak?

Skryf dan gerus in vir hierdie heerlike gratis aanlyn kursus

Leave a comment