Hoe op aarde tuisskool mens 12 kinders?

So ʼn paar jaar gelede is ʼn goeie tuisskoolvriendin en haar gesin een nag in hulle huis deur gewapende rowers oorval. Agterna het sy en haar man vertel dit was die Here se genade wat daardie nag hulle lewens gered het. Dit en hulle kinders se onvoorwaardelike gehoorsaamheid in ʼn krisissituasie.

Hierdie week het ek met daardie einste vriendin ʼn onderhoud gevoer. Dis vir my baie lekker om jou bekend te stel aan Tina van Deventer. In my oë is Tina ʼn superma, want sy het twaalf kinders.

Tuisskool 12 kinders: selfs tydens ‘n gewapende roof het almal kalm gebly

Uit die hele onderhoud straal haar geloofsvertroue. Dis byvoorbeeld hoe sy vertel wat die nag van die rooftog gebeur het:

“Ek en Francois en al die kinders wat wakker geword het, is vasgebind. Die kleintjies het gelukkig bly slaap. Die rowers het op ‘n stadium gevra die kinders moet alleen na hulle kamer toe gaan, terwyl hulle vasgebind was.

“En ek het toe gevra kan ek nie saam met die kinders gaan nie, want hulle sal nie alleen gaan nie. Waarop hulle gesê het: Nee, ek mag nie saam met die kinders gaan nie. Die kinders moet alleen na die kamer toe gaan.

“Daar het ek vir die kinders gesê: ‘Hou mekaar se hande vas en gaan!’

“As ons daar nie gehoorsaam was nie of paniekerig geraak het, dan kon hulle op ons geskiet het.

“Die kinders het geluister. Hulle het gegaan. Hulle het mekaar se hande gevat en nie gaan skree of gil of ʼn tantrum gegooi nie. Hulle op die bed gaan klim, komberse oor hulle gegooi en toe het hulle gebid.

“Hulle het nie aan die gil gegaan nie”

“Dit was vir my mooi dat hulle rustig gebly het, want hulle het gesien Mamma is rustig en hulle kan nie nou aan die gil gaan nie. Hulle moet net gehoorsaam wees. Ons is die Here dankbaar daarvoor dat dit goed afgeloop het. Daar het nie ʼn krisis ontstaan nie.”

Na hierdie kalm vertel, is mens nogal geneig om Tina te glo as sy sê: “In die Here lê my sterkte. Deur Hom is ons tot alles in staat.”

In die onderhoud vertel sy onder andere hoe ʼn tipiese dag by die Van Deventers verloop, van die buitemuurse aktiwiteite wat haar kinders doen en die planne wat sy moet maak om hulle kos te rek.

Tuisskool 12 kinders – nie soveel anders as 1 of 2 nie

En selfs al het die meeste van ons minder kinders as Tina, gee sy ook goeie raad vir ons ander tuisskolers: “Geniet jou tuisskoolreis en maak die beste daarvan. Ontspan. Moenie net aanmekaar alles in so ʼn rooster injaag dat dit nie meer vir jou lekker is of vir die kinders lekker is nie. Daar moet tye wees wat julle mekaar net geniet. Die rooster wat jy saamstel en die kurrikulum wat jy gebruik, moet vir jou werk, nie jy vir die rooster of kurrikulum nie.”

Dit was ʼn heerlike onderhoud oor die tuisskoollewe van ʼn pragtige gesin.

Kyk of luister hier na die hele onderhoud.

Leer jou kinders om binne 2 uur om BAIE beter sinne te skryf

Met hierdie mini-skryfkursus. (Dis heeltemal GRATIS)

’n Ma wat haar 12 kinders tuisskool, vertel hoe lyk ’n tipiese dag by hulle gesin. Sy getuig ook van die geloofsvertroue wat deel is van hulle lewe.

Leave a comment