Woordsoorte: hoekom daarvan leer? 2


Woordsoorte is vervelig en onnodig. So skryf ‘n ma nou die dag vir my. Hoekom moet my kinders daarvan leer? Hier is my antwoord.

“Hel is ander mense,” is een van die bekendste sinnetjies wat die Franse filosoof Jean-Paul Satre kwytgeraak het.

Sy teorieë oor eksistensialisme is ingewikkeld en bevat baie woorde met baie koppeltekens soos “die in-die-wêreld-wees van die mens”. Hy het nooit juis wat mens ʼn topverkoper sou kon noem geskryf nie.

En tog het sy 700-bladsy-boek wat sy posisie oor eksistensialisme behandel, Syn en niksheid, baie goed verkoop. Die boek is in 1943 te midde van die Tweede Wêreldoorlog gepubliseer.

Die uitgewer was verbaas omdat veral so baie vroue die boek koop. Hy stel toe ondersoek in. Dit blyk toe dat die heer Satre se filosofieboek presies een kilogram weeg.

Met die oorlog druk aan die gang, is kopergewigte gesmelt vir koeëls. Wat huisvrouens (en winkeleienaars) gedoen het, was om Satre se boek as ʼn gewig te gebruik.

Eina! Dalk is hel regtig ander mense, of hoe Jean-Paul?

Watter nut het woordsoorte en die leer daarvan, wou hierdie ma weet

So paar weke gelede kry ek ʼn e-pos van ʼn ma wat oor woordsoorte voel soos die Franse huisvrouens oor eksistensialisme gevoel het. Dis wat sy geskryf het:

Hoekom moet kinders leer van die verskillende woordsoorte?

Uit my skooljare onthou ek dat ons dit wel geleer het, maar leer dit nou saam met my kind weer, want ek kan niks daarvan onthou nie.

Ek kan ook nie sien waar dit my enigsins met enige iets gehelp het nie.  Dit het my nie laat beter skryf, spel, praat, ens nie.

Ek het dit nog altyd gesien as seker die mees nuttelose inligting wat mens ooit op skool leer, want dit is nie eers interessant nie.

Tog skryf jy ʼn leerplan wat daaroor handel, dus vermoed ek daar moet ʼn doel wees vir die aanleer van hierdie oënskynlike nuttelose inligting.

Sy het my lekker laat kopkrap met haar interessante vraag.

Hier is die antwoord waarmee ek uiteindelik vorendag gekom het.

Hoekom moes ons leer van woordsoorte?

1. Vir praktiese redes

As kinders goed wil leer skryf, omdat hulle hierdie skryfvaardigheid eendag op universiteit en in hulle loopbane gaan nodig hê, moet hulle basiese kennis van die vernaamste woordsoorte hê.

In my skryfkursusse (Woorde met woema en Sinne wat sing) leer ons onder andere om beter werkwoorde en bywoorde aan te wend. Ons leer ook om sinne op verskillende maniere met verskillende soorte woorde te begin.

Om hierdie soort skryfopleiding te kan benut (en my kursusse is beslis nie uniek om hieraan aandag te gee nie), moet ʼn kind darem weet wat is ʼn werkwoord of ʼn bywoord.

2. Kennis van taalstruktuur verbreed jou hele kennisstruktuur

Die eerste stap na kennis is om te kategoriseer. Om te leer dat mens woorde in verskillende emmertjies kan gooi, verbreed ʼn kind se kennis van die hele wêreld, want dit gee vir hom ʼn beter greep op alles wat in die wêreld bestaan.

Om byvoorbeeld te weet dat daar dingwoorde (naamwoorde) teenoor doenwoorde (werkwoorde) bestaan, en dat daar verder beskryfwoorde (byvoeglike naamwoorde en bywoorde) is, maak die wêreld vir hom meer verstaanbaar, vertolkbaar en hanteerbaar.

Die insig dat die “ding” (naamwoord) die kern is en die “beskrywing” (byvoeglike naamwoord) bykomend is, help hom om wat ander mense sê en skryf beter te verstaan. En om ook agter te kom wanneer wat hulle sê vals is en hom probeer manipuleer.

3. Om na te dink oor taal bevorder metakognisie

Ons as mense is die enigste wesens wat ware selfbewussyn het. Iets waaroor onse Jean-Paul Satre nogal sterk gevoel het.

Ons het die goddelike vermoë om van buite af na onsself te kyk en te dink oor hoe ons dink. Ons is meer as net ons breine, ons het siele ook. Die geleerde naam vir hierdie ongelooflike vermoë is metakognisie.

Taal is veral die instrument waarmee ons dink. En deur na te dink hoe hierdie instrument aanmekaargesit is, versterk ons ons vermoë tot metakognisie. Dis ons voorreg as mense om hierdie Godgegewe gawe aan te wend.

Kom ek verduidelik dit vir jou met ʼn beeld. Gestel jy is ʼn houtkapper en jou vernaamste gereedskapstuk is ʼn byl. As jy meer weet van jou gereedskapstuk gaan jy beter daarvoor sorg, maar jy gaan dit ook beter gebruik om vinniger en makliker bome te kan afkap.

Jy moet byvoorbeeld weet die houthef van jou byl moet jy anders versorg as die skerp ysterpunt. Die houthandvatsel moet jy glad skuur dat jy ʼn lekker greep op jou byl het en daar nie splinters in jou hande steek nie. Die ysterpunt moet jy skerp hou dat hy maklik die bome kan afkap.

Net soos die byl vir die houtkapper is, so is taal vir ons mense. Dis ʼn gereedskapstuk wat ons help met ons reis deur die lewe. As jy verstaan dat taal uit verskillende dele bestaan, kan jy dit beter gebruik en jou lewe makliker maak.

Lees hier hoekom taalontwikkeling een van die belangrikste take is wat jy as tuisskoolouer moet doen.

Oor 15-Minuut-Afrikaans en woordsoorte

15-Minuut-Afrikaans is my aanlyn taalkursus.

Die hele kursus gaan darem nie net oor woordsoorte nie. Ons verbreed ook ons woordeskat, leer van klinkers en medeklinkers en lettergrepe. Hoekom dit leer? Want dit help met spelling. En hoekom leer om goed te spel? Want dan kan jy beter kommunikeer.

15-Minuut-Afrikaans bevat ook omtrent 150 voorbeeldsinne in goeie Afrikaans. Dit bevorder fonologiese bewustheid by die kind, die proses waartydens die kind se brein self taalreëls en -patrone aflei as hy aan genoeg sulke voorbeelde blootgestel word.

15-Minuut-Afrikaans se leerwerk is lekker, omdat dit verpak is in ʼn storie. Ons breine is gemaak vir stories. Dis vir ons baie aangenaam om stories te hoor. Dit maak leer makliker, want die woorde en konsepte word binne ʼn bepaalde konteks geleer.

Dis nie losstaande idees sonder sin en samehang nie. Presies wat ek vermoed die ma hierbo gehinder het toe sy self van woordsoorte geleer het.

My benadering was ook nog altyd dat mens NET DIE NODIGSTE woordsoorte vir kinders leer. In my kursus leer net hulle dat daar bywoorde bestaan. Maar in Afrikaans is daar tien soorte bywoorde. Ons gaan nie in sulke diepte in nie.

Daar is mense vir wie taal soos kos is. (Ek is een van hulle.) Hulle sal graag wil hoor van al tien soorte bywoorde. Omdat hulle in taal belangstel, sal hulle wel sorg dat hulle van al tien leer. En dan is daar ander wat oor die weg kan kom met net die basiese kategorieë. Maar hulle moet nog steeds leer wat die basiese kategorieë is en hoor van die emmertjies waarin mens verskillende woorde kan gooi.

Ek hoop dit help jou ook om nie lus te raak om boeke as gewigte te gebruik nie!

Onthou ook hierdie wonderlike aanhaling van die einste Satre: “As jy eensaam is as jy alleen is, bevind jy jou nie in goeie geselskap nie.”

As jy graag twee gratis lesse van 15-Minuut-Afrikaans onder oë wil kry, skryf gerus in vir hierdie gratis aanlyn kursus

Daar is vir jou twee voorbeeldlesse van 15-Minuut-Afrikaans beskikbaar binne-in die kursus. Natuurlik is daar baie meer, soos webinare, video's, werkboeke, aftiklysies en nog baie meer.

Woordsoorte is vervelig en onnodig. So skryf 'n ma nou die dag vir my. Hoekom moet my kinders daarvan leer? Hier is my antwoord.
Woordsoorte is vervelig en onnodig. So skryf 'n ma nou die dag vir my. Hoekom moet my kinders daarvan leer? Hier is my antwoord.
Woordsoorte is vervelig en onnodig. So skryf 'n ma nou die dag vir my. Hoekom moet my kinders daarvan leer? Hier is my antwoord.
Woordsoorte is vervelig en onnodig. So skryf 'n ma nou die dag vir my. Hoekom moet my kinders daarvan leer? Hier is my antwoord.
Woordsoorte is vervelig en onnodig. So skryf 'n ma nou die dag vir my. Hoekom moet my kinders daarvan leer? Hier is my antwoord.
Woordsoorte is vervelig en onnodig. So skryf 'n ma nou die dag vir my. Hoekom moet my kinders daarvan leer? Hier is my antwoord.
Woordsoorte is vervelig en onnodig. So skryf 'n ma nou die dag vir my. Hoekom moet my kinders daarvan leer? Hier is my antwoord.
Woordsoorte is vervelig en onnodig. So skryf 'n ma nou die dag vir my. Hoekom moet my kinders daarvan leer? Hier is my antwoord.
Woordsoorte is vervelig en onnodig. So skryf 'n ma nou die dag vir my. Hoekom moet my kinders daarvan leer? Hier is my antwoord.
Woordsoorte is vervelig en onnodig. So skryf 'n ma nou die dag vir my. Hoekom moet my kinders daarvan leer? Hier is my antwoord.

Leave a comment

2 thoughts on “Woordsoorte: hoekom daarvan leer?

  • Annamari

    Baie dankie vir hierdie antwoord. Hierdie is ‘n ouma wat help met huiswerk en ongelukkig gaan die seuns Engels skool naaste skool met dissipline. So besef ek die kinders sukkel om ‘n geheelbeeld te sien. Sien net hierdie lyste met woorde wat hul moet leer. So saal ek ‘n perd van ‘n ander kleur op. Neem die handboek en plaas dit op XL sodat ek ‘n kopkaart en fondasie van wat hul leer kan weergee.

    Mense is dit nou ‘n gespook en spartel want google jy is die inligtingsbronne so wyd soos die sterre en elkeen het ‘n ander naam en die meeste is gemik op matriek. Net om die verskillende katogorieë te probeer kry. Het julle nie dalk alreeds ‘n kopkaart wat so met elke jaar aangepas word om nuwe inligting by te werk nie vanaf graad 1. Verkieslik iets wat die outjies se lagspiere prikkel en altwee kante van die brein stimuleer. Die kinderers word baie meer visueel gestimuleer nou kom die lyste woorde. Hule sê mos prentjie verteenwoordig 100 woorde. Dit slaan my dronk dat onderwysereese in hierdie verligte eeue nie meer aantrekliker lyste of diagramme ens kan gee nie.

    Help asb … sowaar as vet as die pensioen nie so min was nie het ek vir julle ingeskryf sodat ek die outjies kon help
    Ouma in die sestig wat weer Afrikaans van graad 3 tot 6 moet baasraak.
    Annamari