Jou rigting kwyt? Vind hier uit hoe om jou rigting te bepaal en koers te hou met jou tuisonderwys.
Draai jou kop van al die advies wat jy kry, en trek jou maag op ʼn knop van angstigheid? Voel jy julle dobber rigtingloos rond, of word deur orkane geteister? Of beleef julle ʼn algehele windstilte?
Kom hoor van 4 stappe wat jou kan help om julle gesin op koers te kry en te hou.
Wanneer jy weet wat jou eintlike eindbestemming is, begin jou benoudheid bedaar. Dit help jou om koers te hou tussen al die goed bedoelde advies deur, en op julle gesin se eie, unieke behoeftes en planne te fokus.
Onthou: dis nooit te laat om jou kompas in te stel of ʼn koersaanpassing te maak nie! Jy kan altyd weer begin!
Weet jy nie waar om met tuisonderwys te begin nie?
Voel jy skoon verward oor al die opsies en keuses en moontlikhede?
➡️ ➡️ ➡️ Begin hier.
In Gratis&Verniet gaan jy alles vind sodat jy dadelik met tuisonderwys kan wegspring.
Vind onder andere uit:
- Waarop jy moet fokus as jou kinders laerskoolouderdom is
- Wat al die voor- en nadele van elkeen van die verskillende matriekroetes is
- Hoe om jou kind se werk te merk
- Hoe om ander mense (en jouself) te oortuig dat tuisskool die beste ding is
- Hoe om te weet of jy jou kind op standaard is
Daar is:
- Voorbeeldlesse
- Webinare (3 ure se kyktyd)
- Video’s (2 ure se kyktyd)
- Werkboeke wat jy kan deurwerk om jouself op koers te kry
- PDF’s met van die beste idees oor tuisonderwys
- ʼn Aftiklysies wat jou help om die ideale tuisskooldag te beplan
- Platsakplanne wat jy kan maak
Geniet hierdie skatkis van gratis hulpbronne wat jou dadelik:
- Gemoedsrus
- Fokus
- Goeie struktuur
- Afskopplekke gaan gee
Maak ʼn skittersukses van tuisonderwys.