Hoekom skryf ons tweeling met twee ee’s?

Vandag wil ek vinnig vir jou ʼn enkele spelreël van Afrikaans verduidelik en dit is die spelreëls oor ee. ʼn Belangrike enetjie, want o, wee hy pootjie baie mense, hierdie spelreël. Ons gaan kyk hoekom skryf ons tweeling met twee e’s maar oortreding met net een e.

Kyk hier na ’n video oor die spelreël van ee:

Een van die reëls wat ons in Afrikaans volg, is wanneer ons heelwoorde aanmekaarlas, ons elke woord se spelling behou.

Soos byvoorbeeld in die woorde

Tweestuk of tweegatjakkals.

Tweegatjakkals is terloops Afrikaans se mooi beskrywende naam vir ʼn opportunis of kansvatter.

Ons kan sien dat ons elkeen van die hele woorde se spelling behou het.

Twee + stuk en twee + gat + jakkals

Is dit wat hier aan die gebeur is met tweeling en oortreding?

Nee! Twee is ʼn hele woord, maar ling is nie ʼn ding nie. Jy kan nie ʼn of die voor hom sit en hom tel nie. Ling is net ʼn stukkie van ʼn woord, ʼn agtervoegsel.

Dieselfde met oortreding. Oortree is ʼn hele woord op sy eie. Ding kan ʼn ding wees wat jy kan tel en ʼn en die voor hom laat staan, maar nie hier nie. Hierso is ding net ʼn agtervoegstel, ʼn stukkie van ʼn woord.

Die amptelike spelreëls oor ee

Kom ek gee vir jou die AMPTELIKE reëls oor wat met lang ee’s gebeur as ons hulle in Afrikaans skryf. Hier is Afrikaanse Woordelys en Spelreëls, 2018 uitgawe se reëls oor lang ee’s. Jy sal hulle op bladsy 214 en 215 kry.

Nommer 1: Die klank [e] word in ʼn oop begin- of binnelettergreep weergegee met ʼn enkele vokaalletter e.

Nommer 2: Die klank [e] word in oop eindlettergrepe weergegee deur ee.

Spelreëls oor ee : wat is ʼn lettergreep?

Nou moet jy eers hoor wat is:

  1. ʼn lettergreep
  2. ʼn oop lettergreep

ʼn Lettergreep is ʼn klinkerklank en sy omringende medeklinkers.

Spelreëls oor ee: wat is ʼn klinker?

En nou moet ek eers verduidelik wat is ʼn klinker en wat is ʼn medeklinker. ʼn Ander naam vir klinker en medeklinker is vokaal en konsonant.

Die maklikste is om te sê ʼn klinker is ʼn oopmaker, dis die klank wat jy maak sonder dat daar iets is wat die klank laat stop. Luister na die verskil tussen t, w en ee.

Kan jy hoor dat niks in die ee se pad staan nie, maar dat t voorgekeer word deur jou tande en jou verhemelte. En dat die w voorgekeer word deur jou lippe.

Nog ʼn manier om aan ʼn klinker te dink, is as die een wat die klank gee. As ek probeer om net tw te sê sonder die ee aan die einde, het die woord amper nie klank nie.

Noudat ons weet ons wat is die klinkerklanke hier is (dis ee) en wat is ʼn medeklinkers (dis tw), kan ons praat oor lettergrepe.

In die woord twee-gat-jak-kals is daar vier lettergrepe.

In die woorde twee-ling is daar twee lettergrepe en in oor-tre-ding is daar drie lettergrepe.

Om lettergrepe raak te sien en reg te hoor waar hulle is, kos net ʼn bietjie oefening.

Spelreëls oor ee: wat is ʼn oop lettergreep?

Daar is nog iets wat ek gou vir jou moet verduidelik voordat jy die Woordelys en Spelreëls se reëls mooi sal kan verstaan. Dis die verskil tussen ʼn oop en ʼn geslote lettergreep.

ʼn Oop lettergreep is ʼn lettergreep wat op ʼn klinker eindig en ʼn geslote lettergreep is een wat op ʼn medeklinker eindig.

Kom ons kyk weer na ons twee probleemwoorde: tweeling en oortreding.

Twee-ling se eerste lettergreep is oop en sy tweede een is geslote.

Oor-tre-ding se eerste lettergreep is geslote, die middelste ene is oop en die laaste een weer geslote.

Kom ons keer terug na die twee spelreëls van die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls.

Nommer 1: Die klank [e] word in ʼn oop begin- of binnelettergreep weergegee met ʼn enkele vokaalletter e.

Nommer 2: Die klank [e] word in oop eindlettergrepe weergegee deur ee.

Die tweede reël sê dus vir my waarom ons twee en oortree met twee ee’s skryf.

Spelreëls oor ee: net een e in die middel van woorde

Die eerste reël sê ook vir my waarom oortreding net een e het. Die tre-stukkie is ʼn binnelettergreep en die reël sê in so ʼn binnelettergreep skryf ons ʼn lang ee met net een letter e.

Maar wat is aan die gang met twee-ling? Dis nie omdat dit twee hele woorde is wat ons aanmekaargegom het soos in twee-gat-jakkals nie. Ons het mos klaar gesê ling is nie ʼn ding nie.

Nee, iets anders is hier aan die gang. En die antwoord daarvoor kry jy heel bo aan bladsy 215 van die Woordelys en Spelreëls. Daar staan:

“Om tradisionele redes word … afleidings van die telwoord twee, naamlik tweede, tweedens, tweeling en tweetjie met ee geskryf.”

Spelreëls oor ee: die woord ‘twee’ het ʼn geskiedenis

Daardie vier woorde het ʼn GESKIEDENIS. Skynbaar was daar in 1934 ʼn stryd aan die gang op die Taalkommissie, toe sommige lede gevoel het Afrikaans moet nader aan Nederlands beweeg. Die spelling van die afleidings van tweede is ʼn oorblyfsel van daardie stryd. Tweede se afleidings word volgens Nederlandse reëls gespel en nie volgens Afrikaanse reëls nie.

Om die reëls oor die ee-klank op te som: Oop lettergrepe aan die einde van woorde kry twee ee’s soos see, gee, tree.

Oop lettergrepe in die middel van woorde kry egter net een e, soos oortreding, kleding, betreding, oorsese.

Daar is net die paar uitsonderings met die afleidings van twee. En dis oor die geskiedenis van die woord.

Spelreëls oor ee: is daar meer sulke reëls?

Ek het ʼn hele spelkursus saamgestel waarin ek die tien belangrikste spelreëls vir jou gee. Die een wat ek vandag met jou behandel het, is een van hulle. Ek wys jou ook maniere hoe jy spelreëls makliker kan onthou.

Die spelkursus se naam is Spel sonder sukkel.

Klik hier en vind meer uit oor Spel sonder sukkel.

As jy meer hulp nodig het

Maar as jy meer hulp nodig het met taalwerk, moet jy verder lees. As jy byvoorbeeld dag vir dag wil oefen om klinkers en medeklinkers te kan onderskei en om die oefening met lettergrepe waarvan ek gepraat het, in te kry, dan moet jy liewer inskryf vir my 30-weke-lange taalkursus, 15-Minuut-Afrikaans.

Onthou, Spel sonder sukkel maak gratis deel uit van ­15-Minuut-Afrikaans.

Klik hier en vind meer uit oor 15-Minuut-Afrikaans.

Met hierdie twee kursusse raak spelling in Afrikaans so maklik soos, hoe sê die kinders altyd: so maklik soos val uit ʼn boom.

Klik hier en kry selfs meer wenke en raad oor spelling in Afrikaans.

Hoekom skryf ons tweeling met twee e’s maar oortreding met net een e? Leer meer van Afrikaanse spelreëls oor ee. En die storie agter die spelling van twee!

Leave a comment