So skaaf en slyp jy jou kinders se skryfvernuf

Kom ons praat oor skryfvernuf. Het jy al ooit gewonder hoe ontwikkel ander tuisskoolma’s hulle kinders se skryfvaardigheid?

Lus om ʼn slaggie in iemand anders se huis te gaan kuier en hoor hoe sy dinge aanpak?

Klik dan hier en luister na ʼn onderhoud met tuisskoolma van vyf, Lidette Nieuwoudt en hoor hoe skaaf sy aan haar kinders se skryfvernuf.

Laat ek jou meer vertel van Lidette …

“My kinders besef dat ek hulle nie deur die lewe kan trek nie”

Sy het vyf kinders. Sy merk baie kalm op dat sy dankbaar is dat haar kinders, veral die oudste twee, baie “selfgedrewe” is. Hulle help haar ook met die drie jongeres.

“Hulle besef ek kan hulle nie deur die lewe trek nie,” sê sy.

Haar oudste twee is besig met Cambridge. Met die jongste drie volg sy baie meer van ʼn informele benadering en fokus vir hulle jonger jare net op Wiskunde en taalontwikkeling.

Haar tien- en twaalfjarige doen 15-Minuut-Afrikaans, maar hulle doen dit op ʼn unieke manier.

Lidette vertel dat die twee ʼn hele week se werk op een dag sommer so saam-saam doen en mekaar ook reghelp as hulle van mekaar verskil oor die antwoorde.

Die volgende dag gebruik Lidette dan die handleiding en praat oor die taalwerk, nuwe woordeskat, asook die nuwe woordsoort wat behandel is. 

Die oudste drie doen ook Sinne wat sing. Sy werk soms bykomende inligting vir hulle by, soos om mooi te verduidelik wat ʼn bywoord is en wat die funksie daarvan in ʼn sin is.

Sy vind dat die reeks Kom in pas met Afrikaans baie goed daarvoor werk. Hulle is van plan om Kom ons skryf ʼn opstel aan te pak sodra hulle klaar is met Sinne wat sing. Sy is vas van plan dat haar kinders se skryfvernuf goed genoeg gaan wees vir Cambridge.

Ons het gepraat oor haar oudste drie se skryfwerk. Behalwe dat die skryfwerk baie goed is, was dit ook interessant hoe hulle werk van mekaar verskil. Elke kind se unieke persoonlikheid het na vore gekom.

Claudia is ‘n baie visuele kind wat beeldend skryf en so haar skryfvernuf ontwikkel

Claudia (12) gebruik hierdie wonderlike metafoor in haar storie: “Hy het sy byl laat boombas eet.”

Om metafore te gebruik, is een van die tegnieke wat die kinders leer in Sinne wat sing.

Lidette vertel dat Claudia ʼn baie visuele kind is, wat ook dans. Dis geen wonder dat sy so beeldend skryf nie. Sy skryf haar kinders se goeie taalvermoëns ook toe aan die feit dat sy en haar man baie vir die kinders voorlees.

Klik hier en luister hoe Claudia self haar storie voorlees.

Liané het getimmer aan die boer se karakter

By Liané (amper 14) was dit die hele bykomende wêreld wat sy ingevoeg het, wat my opgeval het. Haar ma vertel dat Liané weier om in te sien dat daar sleg in iemand kan wees en dit het baie sterk uitgekom in haar storie.

Ek het ook gehou van die drie kort sinnetjies wat sy so kort op mekaar gebruik het, presies soos wat sy in Sinne wat sing geleer word: “Tye was swaar. Reën was min. Son was warm.”

En dan die kontras wat sy inbring met die volgende sin: “Winter se hart was yskoud.” Weer eens ‘n metafoor, maar na die kort, kriptiese sinne, kry hierdie sin spesiale klem.

Dis ook pragtig dat sy aan die einde van die storie weer terugkom na haar vier opeenvolgende sinne, maar dan die potjie heuning as verdere kontras met die koue winter inbring. Wonderlik!

Die vergelyking “so klein soos ‘n vyfsent” is ook baie, baie goed.

Nog ‘n oulike punt is hoe Liané die tassintuig ingebring het by “die byl voel swaar en koud in sy hand.”

Dis alles tegnieke wat aandag kry in Sinne wat sing en wat verseker dat ‘n kind se skryfvernuf behoorlik geslyp word.

Klik hier en luister hoe Liané self haar storie voorlees.

Nel het ʼn wonderlike woordeskat en toon klaar uitstekende skryfvernuf

By Nel (15) se storie val die volgende dinge my op:

  • Die pragtige werkwoord “ingeadem”
  • Sy oulike vergelyking: “soos ‘n digter met ‘n spelfout maak”
  • Uitstekende personifikasie: “Die byl ruk vraatsig happe uit die boom.”
  • Sy goeie woordeskat wat wys by woorde soos “persepsie” en “nostalgie”.

Nel is goed op pad om baie goed te vaar met Cambridge se taaleksamens. Skynbaar het hy sy pa se skryftalent geërf.

Klik hier en luister hoe Nel self sy storie voorlees.

Hulle het ook pret gehad om een van die stories op te voer

Lidette vertel ook hoe hulle gesin een van die stories in Sinne wat sing opgevoer het en só nog meer lewe in die kursus geblaas het.

Die Nieuwoudts is nou regtig ʼn gesin so na my hart, want dis hoe ek my dit nog altyd voorgestel het mense die kursusse sal gebruik: voluit, maar sonder om te skroom om dit aan te pas by HULLE behoeftes.

As jy SKRYF! nog nie gebruik nie, is jy welkom om daarvoor in te skryf.

Lus om 'n slag in iemand anders se huis te gaan kuier en uit te vind hoe slyp en skaaf sy aan haar kinders se skryfvernuf? Kom kuier dan by Lidette Nieuwoudt!

Leave a comment