Episode 41: Wennerwenke vir Wiskunde


Tem die groot vreesvak - Wiskunde

Wiskunde is die een vak wat vir tuisskoolma’s nogal angs en spanning kan skep.

Vir hierdie potgooiepisode deel ek graag van die beste insig en raad wat ek onlangs by tuisskoolma Lizelle Rademeyer oor Wiskunde gekry het.

Lizelle se raad oor Wiskunde kan mens maar met ʼn geruste hart volg. Haar eie drie kinders is die beste getuigskrif dat sy weet wat sy doen. Sy laat haar drie jaarliks deelneem aan die Conquesta Olimpiades en hulle uitstekend daarmee.

Lizelle is ook die opsteller van heerlike Wiskunde produkte met die naam Somme(r)pret.

In die episode deel ek haar sewe wennerwenke oor Wiskunde.

Hier is meer inligting oor Conquesta:

 

En hier is die lys van handboeke waarna verwys word:

  •         PracMaths / Play! Maths
  •         Kitsreken
  •         Slimkoppe
  •         Number Sense
  •         MathTrek

·         Graad 4 tot 7 Wiskunde in ‘n Neutedop

Luister ook hier na die oolfant potgooi

Wiskunde is die een vak wat vir tuisskoolma’s nogal angs en spanning kan skep. Kry die beste raad en wenke hieroor.

Leave a comment