Episode 45: Gesoute tuisskoolma se 7 geheime vir tuisonderrigsukses


Die beste wenke en raad van ‘n ma wie se kinders uitstekend vaar

Vir hierdie heel laaste potgooiepisode van 2021 is dit vir my baie lekker om met ʼn gesoute tuisskoolma te gesels en al haar raad en wenke om van tuisonderrig ʼn sukses te maak met jou te deel.

Ek gesels met Willemien Kruger, die skepper van Omvattend Afrikaans.

Sy het drie kinders en het met elkeen van hulle ʼn ander matriekroete geloop. Haar dogter, wat nou 21 jaar oud is, het uitmuntend met Cambridge gevaar en het met die beste punt in die hele land weggestap vir Afrikaans op A-vlak. Sy het ook uitstekende uitslae in veral Wiskunde behaal.

Maar vir haar jonger seuns het Willemien-hulle ʼn ander roete gevolg. In die onderhoud verduidelik sy baie mooi hoekom.

Luister verder na wat sy sê oor:

  •         Hoe belangrik dit is om eers ʼn roetine te vestig voordat jy jou oor kurrikulum begin kwel
  •         Dat tuisonderrig eintlik ʼn lewenstyl is en die avontuurlike manier waarop hulle gesin dit aangepak het
  •         Hoekom dit so nodig is dat jy presies weet wat jou visie en hoe om seker te maak jy hou by daardie visie

Kry hier meer inligting oor Willemien se tuisskoolprodukte

Luister ook hier na die oolfant potgooi

OP SOEK NA MEER HULP EN RAAD OOR TUISONDERWYS?

Skryf gerus in vir hierdie gratis kursus

Weet jy nie waar om met tuisonderwys te begin nie?

Voel jy skoon verward oor al die opsies en keuses en moontlikhede?

➡️ ➡️ ➡️ Begin hier.

In Gratis&Verniet gaan jy alles vind sodat jy dadelik met tuisonderwys kan wegspring.

Vind onder andere uit:

  • Waarop jy moet fokus as jou kinders laerskoolouderdom is
  • Wat al die voor- en nadele van elkeen van die verskillende matriekroetes is
  • Hoe om jou kind se werk te merk
  • Hoe om ander mense (en jouself) te oortuig dat tuisskool die beste ding is
  • Hoe om te weet of jy jou kind op standaard is

Daar is:

  • Voorbeeldlesse
  • Webinare (3 ure se kyktyd)
  • Video’s (2 ure se kyktyd)
  • Werkboeke wat jy kan deurwerk om jouself op koers te kry
  • PDF’s met van die beste idees oor tuisonderwys
  • ʼn Aftiklysies wat jou help om die ideale tuisskooldag te beplan
  • Platsakplanne wat jy kan maak

Geniet hierdie skatkis van gratis hulpbronne wat jou dadelik:

  • Gemoedsrus
  • Fokus
  • Goeie struktuur
  • Afskopplekke gaan gee

Maak ʼn skittersukses van tuisonderwys.

Al gesoute tuisskoolma, Willemien Kruger se raad en wenke om van tuisonderrig ʼn sukses te maak.

Leave a comment