Episode 30: Haal die vrees uit leer lees


10 wenke help jou om jou kind makliker te leer lees

As daar een ding is wat tuisskoolma’s dikwels angstig maak, is dit wanneer hulle hul kinders moet leer lees. Hulle weet hoe belangrik hierdie vaardigheid is en hulle is so bang hulle gaan alles opduiwel as kinders nie goed kan lees nie.

Dit was ook waar van my. Daarom was die fliek Lien se lankstaanskoene nogal ontstellend. Om te dink dis moontlik vir ʼn gewone mens om by ʼn robot as ʼn bedelaar te eindig het my hare laat rys.

En dan het ek vir my kinders sulke goed gesê soos: “Weet jy hoe BELANGRIK is dit om goed te kan lees? As jy nie kan lees en skryf nie, gaan jy nie werk kry nie. En weet jy waar gaan jy dan eindig? Soos daardie meisie in Lien se lankstaanskoene. Op ’n straathoek. By ’n robot. Aan die bedel.”

Dit help jou kinders nie om beter lesers te word deur hulle bang te praat nie.

Het jy geweet die navorser Judith Harackiewicz het agtergekom dat om ’n aktiwiteit met meer betekenis te probeer vul deur op sy toekomstige waarde te wys, mense juis kan verlam van angs. En dat hulle dan net eenvoudig daaroor afskakel. Veral as dit by vakke of vaardighede kom wat hulle moeilik vind.

In hierdie week se potgooi-episode help ek jou om die vrees uit leer lees help haal. Ek deel alles wat ek deur die jare daaroor geleer het, met jou. Ook raad wat ek al so baie kere met bekommerde ma’s in e-posse gegee het. 

Groot promosie aan die gang

Onthou van die oolfant promosie wat tans aan die gang is. Die beste waarde vir geld ooit met ‘n spesiale prys op die oolfant kursusse plus drie heerlike gratis bonusse.

 

In hierdie week se episode praat ons bietjie oor die een ding wat tuisskoolma’s dikwels angstig maak.

Leave a comment