Hierdie week op die oolfant potgooi praat ek met tuisskoolma, Hannekie Verwoerd. Sy is ook ʼn bedrewe en begeesterde taal- en spraakterapeut. As ons twee praat, raak ons altyd ʼn bietjie meegevoer oor Afrikaanse boeke. So, wees gewaarsku. Hannekie verduidelik in hierdie onderhoud van ʼn nuwe voordeel van voorlees waaraan sy onlangs gedink het. Voordat ek verder gaan, wil ek net eers verduidelik as ek en Hannekie van “voorlees” praat, bedoel ons dat jy vir jou kind hardop voorlees. Die voordele van hardop voorlees is oneindig. Ek wil dit onomwonde sê dat om vir jou kinders voor te lees die GROOTSTE, BESTE en WONDERLIKSTE geskenk is wat jy vir hulle kan gee. Tydsgewyse is dit verreweg die beste belegging wat jy kan maak. Toe sy onlangs kinders wat dinge hardop voorlees in ʼn kompetisie moes beoordeel, ontdek Hannekie toe juis hoekom mens met intonasie en spoed en toonhoogte moet voorlees. En nee, ek gaan nie die aap uit die mou hieroor laat nie. Jy sal na die potgooi moet luister om uit te vind waarvan sy praat as sy sê mens moet “stemme” maak.

Potgooi – Voorlees is ʼn geskenk wat hou en hou


Dis hoekom jy “stemme” moet maak as jy vir jou kinders voorlees

Hierdie week op die oolfant potgooi praat ek met tuisskoolma, Hannekie Verwoerd. Sy is ook ʼn bedrewe en begeesterde taal- en spraakterapeut. As ons twee praat, raak ons altyd ʼn bietjie meegevoer oor Afrikaanse boeke. So, wees gewaarsku.

Hannekie verduidelik in hierdie onderhoud van ʼn nuwe voordeel van voorlees waaraan sy onlangs gedink het.

Voordat ek verder gaan, wil ek net eers verduidelik as ek en Hannekie van “voorlees” praat, bedoel ons dat jy vir jou kind hardop voorlees. Die voordele van hardop voorlees is oneindig.

Ek wil dit onomwonde sê dat om vir jou kinders voor te lees die GROOTSTE, BESTE en WONDERLIKSTE geskenk is wat jy vir hulle kan gee. Tydsgewyse is dit verreweg die beste belegging wat jy kan maak.

Toe sy onlangs kinders wat dinge hardop voorlees in ʼn kompetisie moes beoordeel, ontdek Hannekie toe juis hoekom mens met intonasie en spoed en toonhoogte moet voorlees.

En nee, ek gaan nie die aap uit die mou hieroor laat nie. Jy sal na die potgooi moet luister om uit te vind waarvan sy praat as sy sê mens moet “stemme” maak.

Luister ook hier na die oolfant potgooi

OP SOEK NA MEER HULP EN RAAD OOR TUISONDERWYS?

Skryf gerus in vir hierdie gratis aanlyn kursus

Weet jy nie waar om met tuisonderwys te begin nie?

Voel jy skoon verward oor al die opsies en keuses en moontlikhede?

➡️ ➡️ ➡️ Begin hier.

In Gratis&Verniet gaan jy alles vind sodat jy dadelik met tuisonderwys kan wegspring.

 

Vind onder andere uit:

  • Waarop jy moet fokus as jou kinders laerskoolouderdom is
  • Wat al die voor- en nadele van elkeen van die verskillende matriekroetes is
  • Hoe om jou kind se werk te merk
  • Hoe om ander mense (en jouself) te oortuig dat tuisskool die beste ding is
  • Hoe om te weet of jy jou kind op standaard is

 

Daar is:

  • Voorbeeldlesse
  • Webinare (3 ure se kyktyd)
  • Video’s (2 ure se kyktyd)
  • Werkboeke wat jy kan deurwerk om jouself op koers te kry
  • PDF’s met van die beste idees oor tuisonderwys
  • ʼn Aftiklysies wat jou help om die ideale tuisskooldag te beplan
  • Platsakplanne wat jy kan maak

 

Geniet hierdie skatkis van gratis hulpbronne wat jou dadelik:

  • Gemoedsrus
  • Fokus
  • Goeie struktuur
  • Afskopplekke gaan gee

 

Maak ʼn skittersukses van tuisonderwys.

Spraak- en taalterapeut, Hannekie Verwoerd, verduidelik hoekom mens met intonasie, spoed en toonhoogte moet rondspeel as jy hardop vir jou kinders voorlees.

Leave a comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

3 × two =