Episode 34: “Hou dit eenvoudig” – tweedegenerasietuisskoler


Jana Bornman het altyd geweet sy gaan haar eie kinders oor tuisskool

Hierdie week gesels ek op die potgooi met Jana Bornman, ʼn tweedegenerasietuisskoler.

Wat die meeste opval is haar kalme rustigheid. Omdat sy self die hele die tuisskoolreis voltooi het, is dit so duidelik dat sy weet as mens net rustig voortgaan met jou taak, alles uiteindelik reg sal uitwerk.

Jana se ma was destyds, voor 1994, in ʼn hofsaak gewikkel, toe sy haar kinders wou tuisskool. Sy het die hofsaak verloor. Uiteindelik het die gesin plaas toe getrek en sy het spesiale toestemming gekry om Jana en een van haar susters te tuisskool.

“Ek was ʼn moeilike kind wat my ma grys hare gegee het. Ek wou op my eie manier leer,” vertel sy.

Haar ma het egter by Jana aangepas en haar toegelaat om net verskriklik baie te lees en in intense periodes vakke soos Wiskunde teen haar eie tempo baas te raak.

Dis baie interessant en gerusstellend om te hoor hoe Jana al die insig wat sy verkry het deur self tuisgeskoolde kind te wees kon oordra in haar benadering tot haar eie vier kinders se tuisonderwys.

Om NIE haar eie kinders te tuisskool nie was ook net nooit vir haar opsie nie. Sy weet uit eie ondervinding hoe goed dit werk.

Luister gerus na hierdie onderhoud en hoor van hulle plaaslewe, die kinders take en ook die rol wat pa in hulle opvoeding speel.

Dis ʼn potgooi wat jou baie gaan inspireer en moed gaan gee. Geniet dit.

Luister ook hier na die oolfant potgooi

OP SOEK NA MEER HULP EN RAAD OOR TUISONDERWYS?

Skryf gerus in vir hierdie gratis kursus

Weet jy nie waar om met tuisonderwys te begin nie?

Voel jy skoon verward oor al die opsies en keuses en moontlikhede?

➡️ ➡️ ➡️ Begin hier.

In Gratis&Verniet gaan jy alles vind sodat jy dadelik met tuisonderwys kan wegspring.

Vind onder andere uit:

  • Waarop jy moet fokus as jou kinders laerskoolouderdom is
  • Wat al die voor- en nadele van elkeen van die verskillende matriekroetes is
  • Hoe om jou kind se werk te merk
  • Hoe om ander mense (en jouself) te oortuig dat tuisskool die beste ding is
  • Hoe om te weet of jy jou kind op standaard is

Daar is:

  • Voorbeeldlesse
  • Webinare (3 ure se kyktyd)
  • Video’s (2 ure se kyktyd)
  • Werkboeke wat jy kan deurwerk om jouself op koers te kry
  • PDF’s met van die beste idees oor tuisonderwys
  • ʼn Aftiklysies wat jou help om die ideale tuisskooldag te beplan
  • Platsakplanne wat jy kan maak

Geniet hierdie skatkis van gratis hulpbronne wat jou dadelik:

  • Gemoedsrus
  • Fokus
  • Goeie struktuur
  • Afskopplekke gaan gee

Maak ʼn skittersukses van tuisonderwys.

Dis gerusstellend om te hoor hoe Jana Bornman al die insig wat sy self as tuisgeskoolde verkry het oordra in haar benadering tot haar eie vier kinders se tuisonderwys.

Leave a comment