Waarom dit belangrik is om jou kind met die hand te laat skryf
Collette van Rheede van Oudtshoorn is ʼn tuisskoolma van vyf. Maar Collette is ook ʼn passievolle kunstenaar. En nou het sy ʼn kunsprogram in die vorm van ʼn e-boek beskikbaar om die lewe vir ander ma’s soos jy bietjie makliker te maak.
Haar visie was om ʼn gebruikersvriendelike kunskurrikulum aanmekaar te sit wat Bybelbaseer is.
“Ek word deur die Skrif inspireer vir my kuns en dit voel vir my of kinders en selfs grootmense die Bybelverse baie beter onthou as dit visueel ook uitgebeeld word. Die assosiasie verskerp die geheue,” verduidelik Collette.
Vir hierdie kunskurrikulum van haar is die tema geestelike identiteit. En sy hanteer konsepte soos:
- Jy is spesiaal
- Jy is gekies
- Jy het spesiale DNS
- Jy is ʼn legkaartstukkie op die aardbol … gekies vir ʼn doel
- Jy is beplan
- Jou naam is kosbaar
Deur die jare het Collette al baie kunsgroepe gelei en het die kurrikulum prakties met haar eie kinders maar ook in hierdie groepe getoets. Hierdie e-boek van haar bied vir jou ʼn jaar se kuns wat op verskillende ouderdomsvlakke aangebied kan word.
In hierdie week se potgooi-episode gesels ek met haar daar al die pad van Riversdal in die Wes-Kaap af. Kom hoor onder andere:
- Hoe sy kuns aangepak het met haar dogter wat nie so kunssinnig soos sy is nie
- Hoekom sy aanbeveel dat mens ʼn kunsprojek soms vir ʼn ruk laat lê
- Hoe sy ervaar hoe en hoekom kuns haar kinders en studente se lewens verryk
Maar volg Collette gerus ook op Facebook as jy dalk haar gratis visiebord wil aflaai. Hier is die plek om dit te doen:
Weet jy nie waar om met tuisonderwys te begin nie?
Voel jy skoon verward oor al die opsies en keuses en moontlikhede?
➡️ ➡️ ➡️ Begin hier.
In Gratis&Verniet gaan jy alles vind sodat jy dadelik met tuisonderwys kan wegspring.
Vind onder andere uit:
- Waarop jy moet fokus as jou kinders laerskoolouderdom is
- Wat al die voor- en nadele van elkeen van die verskillende matriekroetes is
- Hoe om jou kind se werk te merk
- Hoe om ander mense (en jouself) te oortuig dat tuisskool die beste ding is
- Hoe om te weet of jy jou kind op standaard is
Daar is:
- Voorbeeldlesse
- Webinare (3 ure se kyktyd)
- Video’s (2 ure se kyktyd)
- Werkboeke wat jy kan deurwerk om jouself op koers te kry
- PDF’s met van die beste idees oor tuisonderwys
- ʼn Aftiklysies wat jou help om die ideale tuisskooldag te beplan
- Platsakplanne wat jy kan maak
Geniet hierdie skatkis van gratis hulpbronne wat jou dadelik:
- Gemoedsrus
- Fokus
- Goeie struktuur
- Afskopplekke gaan gee
Maak ʼn skittersukses van tuisonderwys.