Potgooi – Episode 13: Spraakterapeut pak terugvertel so aan


Meer raad en wenke oor terugvertel

Hierdie week wil ek vir jou nog idees en insigte oor terugvertelling deel.

Dalk wonder jy hoekom ek so opgepluk is met terugvertel. Laat ek gou vir jou ʼn paar van die voordele noem.

  1. As mens praat oor die opvoedkundige voordele daarvan, gaan al die liggies aan wat ons weet van hoe ons kinders se breine werk, hoe leer plaasvind en hoe hulle ʼn kennissisteem vir hulleself bou. Terugvertel kry regmerkie op regmerkie.
  2. Dis ʼn aktiwiteit wat heeltemal gratis en verniet is. Ek weet baie mense trek op die oomblik finansieel swaar en ek wil graag vir jou ʼn tuisskoolaktiwiteit gee wat nie net baie, baie effektief is nie, maar ook uiters bekostigbaar. Al wat jy moet doen, is om jou kinders net aan die praat te kry
  3. Om met jou kinders te gesels, en om hulle sover te kry om hulle gedagtes met jou te deel, is baie aangenaam. En dis ʼn wonderlike manier om jou band en verhouding met jou kinders te versterk.

Vir hierdie episode oor terugvertelling gaan steek ons kers op spraak- en taalterapeut Hannekie Verwoerd. Wat Hannekie se raad so waardevol maak, is dat sy self tuisskoolma is en vyf kinders het, behalwe vir die feit dat sy ook ʼn florerende spraakterapeutpraktyk bedryf.

Sy het verder ʼn baie meer analitiese benadering tot terugvertel as wat ek het en wat ek in die vorige potgooi met jou gedeel het. Maar dit gee vir jou ʼn ander perspektief, ekstra invalshoeke om dit aan te pak.

Hannekie se wenke kom uit ʼn onderhoud wat ek so twee jaar gelede met haar gevoer het. Die inligting daarin is net te goed om dit nie weer ʼn keer met jou te deel nie.

As jy, soos ek, glo dat tuisonderwys baie makliker en baie lekkerder as skool kan wees EN boonop baie beter resultate as skool moet oplewer, gaan kyk gerus na die oolfant se e-kursusse

Luister ook hier na die oolfant potgooi

OP SOEK NA MEER HULP EN RAAD OOR TUISONDERWYS?

Skryf gerus in vir hierdie gratis kursus

Weet jy nie waar om met tuisonderwys te begin nie?

Voel jy skoon verward oor al die opsies en keuses en moontlikhede?

➡️ ➡️ ➡️ Begin hier.

In Gratis&Verniet gaan jy alles vind sodat jy dadelik met tuisonderwys kan wegspring.

Vind onder andere uit:

  • Waarop jy moet fokus as jou kinders laerskoolouderdom is
  • Wat al die voor- en nadele van elkeen van die verskillende matriekroetes is
  • Hoe om jou kind se werk te merk
  • Hoe om ander mense (en jouself) te oortuig dat tuisskool die beste ding is
  • Hoe om te weet of jy jou kind op standaard is

Daar is:

  • Voorbeeldlesse
  • Webinare (3 ure se kyktyd)
  • Video’s (2 ure se kyktyd)
  • Werkboeke wat jy kan deurwerk om jouself op koers te kry
  • PDF’s met van die beste idees oor tuisonderwys
  • ʼn Aftiklysies wat jou help om die ideale tuisskooldag te beplan
  • Platsakplanne wat jy kan maak

Geniet hierdie skatkis van gratis hulpbronne wat jou dadelik:

  • Gemoedsrus
  • Fokus
  • Goeie struktuur
  • Afskopplekke gaan gee

Maak ʼn skittersukses van tuisonderwys.

As mens praat oor die opvoedkundige voordele daarvan, kry terugvertel regmerkie op regmerkie. In hierdie episode kyk ons weer na hierdie nuttige gratis en verniet hulpmiddel.

Leave a comment