Potgooi – Episode 12: Terugvertel: ’n kragtige pyl in jou tuisskoolkoker


’n Wonderlike manier om jou kinders te leer om hul gedagtes te orden

Jy wil graag vir jou kind ʼn voorsprong in die lewe gee en hom of haar laat uitstyg in ʼn mededingende wêreld. Hoe doen jy dit?

Een van die sleutels waarmee Charlotte Mason reken kinders toekomsdeure vir hulself oopsluit is deur terug te vertel van wat hulle so pas gelees of geleer het. As kinders terugvertel druk hulle in hulle eie woorde uit wat hulle ingeneem en verstaan het.

Terugvertel laat jou kinders beter onthou en beter begryp. Boonop leer hulle so om hulle gedagtes te orden. Terugvertel is ʼn kragtige pyl in jou tuisskoolkoker.

Maar jy is nie heeltemal seker wat terugvertel behels nie. Is die idee dat jou kind woord vir woord moet papegaai wat julle so pas geleer het? Vervelig! Gaan beslis jou kinders se lus vir leer nekomdraai. Jy het immers met tuisonderwys begin omdat dit vir gevoel het die nimmereindige besig-wees van die skoolstelsel is sieldodend.

Of dalk het jy klaar gehoor terugvertelling werk glo so goed, maar toe jy dit probeer het, was dit ʼn fiasko. Ja, jou kind het probeer om die stuk wat jy vir hom voorgelees het, woord vir woord terug te vertel, maar kon dit nie regkry nie. Toe raak hy gespanne en nou is hy steeks om enigsins terug te vertel. Jy het toe maar die hele terugvertellery gelos.

Die Switserse dokter en opvoedkundige, Jean Piaget het ʼn teorie gehad, wat later oor en oor reg bewys is. Dis dat kinders net dit kan leer wat hulle vir hulleself uitmaak en uitwerk.

Dis wat gebeur met terugvertel en dis hoekom dit so ʼn kragtige opvoedkundige instrument is. Uit al die feite en waarnemings wat die kind gehoor en gesien het, maak hy ʼn sisteem van kennis op. Hy maak sin uit dit wat hy ervaar het deur dit in sy eie woorde te stel.

Hoe kan jy Charlotte Mason se terugvertel-tegniek met vrug vir jou kinders aanwend?

In hierdie week se potgooiepisode gee ek vir jou ʼn paar wenke, soos:

  •       Begin by dit wat die kind regtig interesseer
  •       Skop af deur vir jou kind twee vrae te vra
  •       Beskou terugvertelling as ʼn gesprek eerder as ʼn begripstoets

Ek gee ook vir jou drie maklike maniere om met terugvertelling weg te spring.

Luister ook hier na die oolfant potgooi

OP SOEK NA MEER HULP EN RAAD OOR TUISONDERWYS?

Skryf gerus in vir hierdie gratis kursus

Weet jy nie waar om met tuisonderwys te begin nie?

Voel jy skoon verward oor al die opsies en keuses en moontlikhede?

➡️ ➡️ ➡️ Begin hier.

In Gratis&Verniet gaan jy alles vind sodat jy dadelik met tuisonderwys kan wegspring.

Vind onder andere uit:

  • Waarop jy moet fokus as jou kinders laerskoolouderdom is
  • Wat al die voor- en nadele van elkeen van die verskillende matriekroetes is
  • Hoe om jou kind se werk te merk
  • Hoe om ander mense (en jouself) te oortuig dat tuisskool die beste ding is
  • Hoe om te weet of jy jou kind op standaard is

Daar is:

  • Voorbeeldlesse
  • Webinare (3 ure se kyktyd)
  • Video’s (2 ure se kyktyd)
  • Werkboeke wat jy kan deurwerk om jouself op koers te kry
  • PDF’s met van die beste idees oor tuisonderwys
  • ʼn Aftiklysies wat jou help om die ideale tuisskooldag te beplan
  • Platsakplanne wat jy kan maak

Geniet hierdie skatkis van gratis hulpbronne wat jou dadelik:

  • Gemoedsrus
  • Fokus
  • Goeie struktuur
  • Afskopplekke gaan gee

Maak ʼn skittersukses van tuisonderwys.

As kinders terugvertel druk hulle in hulle eie woorde uit wat hulle ingeneem en verstaan het. Terugvertel laat jou kinders beter onthou en beter begryp.

Leave a comment