Evalueer jou kind op 'n beter manier
Ek wil hierdie week die bangmaak-vraag wat alle tuisskolers een of ander tyd hulleself afvra, help beantwoord. Veral die van ons wat in die laerskooltyd ons eie ding doen.
En daardie vraag klink gewoonlik so: hoe weet ek my kind is op standaard?
Maar wat die ouer eintlik vra, is: hoe kan ek seker maak my kind leer die regte dinge op die regte tyd en kry die werk regtig onder die knie?
In hierdie week se potgooi help ek jou met al hierdie bekommernisse. Ek skop af deur te kyk na die manier waarop skole tradisioneel die vraag oor standaard beantwoord. Dis deur toetse en eksamens te skryf.
Ons dink so ʼn bietjie na oor vier redes waarom skole toetse en eksamens gebruik en watter van daardie redes geldige redes vir jou as tuisskoolma is.
Maar dan in die tweede helfte van hierdie potgooi-episode gee ek vir ʼn heerlike voorstel hoe jou tuisgeskoolde kind op ʼn lekkerder en sinvoller kan evalueer.
Die gratis werkboek waaroor ek in hierdie episode praat, sal jy vind binne-in die gratis kursus Begin hier met tuisskool gratis en verniet. Dis onder die opskriffie: kopskuiwe wat jy moet maak en dan onder die afdeling: hoe weet ek my kind is op standaard? Daar is ook ʼn video oor dieselfde onderwerp daar beskikbaar.
KLIK HIER EN SKRYF HIER in Begin hier met tuisskool gratis & verniet.
Jy weet wat ek vir alle tuisskolers wil moontlik maak – ware een van sy soort ontwerperonderwys. Hierdie week se potgooi gaan jou baie daarmee help.
Weet jy nie waar om met tuisonderwys te begin nie?
Voel jy skoon verward oor al die opsies en keuses en moontlikhede?
➡️ ➡️ ➡️ Begin hier.
In Gratis&Verniet gaan jy alles vind sodat jy dadelik met tuisonderwys kan wegspring.
Vind onder andere uit:
- Waarop jy moet fokus as jou kinders laerskoolouderdom is
- Wat al die voor- en nadele van elkeen van die verskillende matriekroetes is
- Hoe om jou kind se werk te merk
- Hoe om ander mense (en jouself) te oortuig dat tuisskool die beste ding is
- Hoe om te weet of jy jou kind op standaard is
Daar is:
- Voorbeeldlesse
- Webinare (3 ure se kyktyd)
- Video’s (2 ure se kyktyd)
- Werkboeke wat jy kan deurwerk om jouself op koers te kry
- PDF’s met van die beste idees oor tuisonderwys
- ʼn Aftiklysies wat jou help om die ideale tuisskooldag te beplan
- Platsakplanne wat jy kan maak
Geniet hierdie skatkis van gratis hulpbronne wat jou dadelik:
- Gemoedsrus
- Fokus
- Goeie struktuur
- Afskopplekke gaan gee
Maak ʼn skittersukses van tuisonderwys.
