Episode 35: Hoekom voorlees nie genoeg is nie


Vind uit wat jy saam met voorlees moet doen.

In hierdie week se potgooi het ek vir jou heerlike interessante navorsing oor hoe mense tale aanleer.

Dit gaan jou baie help met al die vrae wat so baie tuisskoolma’s oor taalkeuses het, soos watter taal moet ek gebruik as ek tuisskool en wanneer mens met ʼn tweede taal begin.

Jy gaan onder andere hoor wat:

  • jong sebravinkies jou oor die aanleer van taal kan leer
  • in Broca en in Wernicke se gebied gebeur as jy meer as een taal kan praat (jy soek verniet na hierdie gebiede op ʼn aardbol, hoor!)
  • gebeur het toe Karel die Grote se kleinseuns mekaar nie meer kon verstaan nie
  • die ideale ouderdom is om ʼn tweede taal aan te leer
  • navorsers oor taalontwikkeling leer deur dowe mense te bestudeer

Luister ook hier na die oolfant potgooi

OP SOEK NA MEER HULP EN RAAD OOR TUISONDERWYS?

Skryf gerus in vir hierdie gratis kursus

Weet jy nie waar om met tuisonderwys te begin nie?

Voel jy skoon verward oor al die opsies en keuses en moontlikhede?

➡️ ➡️ ➡️ Begin hier.

In Gratis&Verniet gaan jy alles vind sodat jy dadelik met tuisonderwys kan wegspring.

Vind onder andere uit:

  • Waarop jy moet fokus as jou kinders laerskoolouderdom is
  • Wat al die voor- en nadele van elkeen van die verskillende matriekroetes is
  • Hoe om jou kind se werk te merk
  • Hoe om ander mense (en jouself) te oortuig dat tuisskool die beste ding is
  • Hoe om te weet of jy jou kind op standaard is

Daar is:

  • Voorbeeldlesse
  • Webinare (3 ure se kyktyd)
  • Video’s (2 ure se kyktyd)
  • Werkboeke wat jy kan deurwerk om jouself op koers te kry
  • PDF’s met van die beste idees oor tuisonderwys
  • ʼn Aftiklysies wat jou help om die ideale tuisskooldag te beplan
  • Platsakplanne wat jy kan maak

Geniet hierdie skatkis van gratis hulpbronne wat jou dadelik:

  • Gemoedsrus
  • Fokus
  • Goeie struktuur
  • Afskopplekke gaan gee

Maak ʼn skittersukses van tuisonderwys.

Hardop voorlees is wonderlik vir jou kinders se taalontwikkeling. Maar doen die volgende stap ook - laat hulle baie praat en hulself uitdruk.

Leave a comment