Episode 23: ’n Anderster leeruitdaging vir jou kind – leer sweef


Wat maak jy as jy doer bo in wolke ʼn nood kry?

Johan Pretorius, tuisskoolpa van die Kaap, gesels in hierdie week se potgooiepisode oor sweeftuie en sweefvlieg.

(En ja, hy beantwoord die vraag, wat maak jy as jy in die lug ʼn draai moet loop.)

Sweefvlieg is ʼn wonderlike sport vir ʼn tiener wat enigsins in vlieg belangstel. Daar is net soveel lesse, ook emosionele lesse, en vaardighede te leer.

Jou kind kan taamlik vroeg al met hierdie leersame sport begin. ʼn Mens moet minstens 14 jaar oud  wees om ʼn leerlinglisensie vir ʼn sweeftuig te kry en 16 jaar oud vir die volwaardige lisensie.

Maar soos alle vlieglesse is dit duur.

En dis veral hier wat Johan goeie inligting en ʼn bekostigbaarder alternatief vir ons gewone tuisskolers verskaf.

Johan is lid van die sweefklub en hy verduidelik hoe so ʼn klub leer sweef meer koste-effektief kan maak.

KLIK HIER vir ʼn kaart van al die sweefvliegklubs in Suid-Afrika.

Lekker leer vlieg.

Jy kan ook op YouTube kan hierdie onderhoud kyk

Luister ook hier na die oolfant potgooi

OP SOEK NA MEER HULP EN RAAD OOR TUISONDERWYS?

Skryf gerus in vir hierdie gratis kursus

Weet jy nie waar om met tuisonderwys te begin nie?

Voel jy skoon verward oor al die opsies en keuses en moontlikhede?

➡️ ➡️ ➡️ Begin hier.

In Gratis&Verniet gaan jy alles vind sodat jy dadelik met tuisonderwys kan wegspring.

Vind onder andere uit:

  • Waarop jy moet fokus as jou kinders laerskoolouderdom is
  • Wat al die voor- en nadele van elkeen van die verskillende matriekroetes is
  • Hoe om jou kind se werk te merk
  • Hoe om ander mense (en jouself) te oortuig dat tuisskool die beste ding is
  • Hoe om te weet of jy jou kind op standaard is

Daar is:

  • Voorbeeldlesse
  • Webinare (3 ure se kyktyd)
  • Video’s (2 ure se kyktyd)
  • Werkboeke wat jy kan deurwerk om jouself op koers te kry
  • PDF’s met van die beste idees oor tuisonderwys
  • ʼn Aftiklysies wat jou help om die ideale tuisskooldag te beplan
  • Platsakplanne wat jy kan maak

Geniet hierdie skatkis van gratis hulpbronne wat jou dadelik:

  • Gemoedsrus
  • Fokus
  • Goeie struktuur
  • Afskopplekke gaan gee

Maak ʼn skittersukses van tuisonderwys.

Johan Pretorius, tuisskoolpa van die Kaap, gesels in hierdie week se potgooiepisode oor sweeftuie en sweefvlieg.

Leave a comment