Episode 21: Het jou kind taalprobleme? Hier’s ’n plan


Bou jou kinders se taalvermoë uit deur regtig na hulle te luister

Om jou kind se taalvermoë sterk te maak, moet jy net met jou kind praat, so verduidelik taal- en spraakterapeut Lize van Merwe.

Lize, self ʼn tuisskoolma, voel baie sterk daaroor om ma’s te bemagtig om hulle kinders self te leer.

As spraak- en taalterapeut het dit haar gepla dat sy net 45 minute per week met ʼn kind deurbring om taalagterstande te probeer uitwis, maar dan het die kind verder geen tyd om die konsepte in te oefen nie.

Lize het toe besluit om opleiding te kry in ʼn Kanadese model waar ʼn terapeut baie meer met die ouer as met die kind werk en die ouer as’t ware leer om die werk self te doen. Die naam van hierdie stelsel is die Hanen metode.

Vir 12 weke lank een maal per week gee Lize aanlyn vir ouers binne-in ʼn groep leiding hoe om met hulle kinders te praat. Deur praktiese raad en wenke leer ouers hoe om hulle kinders baie meer effektief met hul taalontwikkeling te help. Die feit dat ouers die sessies saam met ander ouers doen, help boonop dat almal by mekaar leer.

Elke week gaan die ouers dan terug huis toe en is nou voorberei om situasies in hulle alledaagse lewe raak te sien en te benut om elke dag vir ʼn paar minute hulle kinders se taalvermoë uit te bou.

Die klasse is in Engels, maar die beginsels kan in enige taal toegepas word. Lize se kursus is ook internasionaal beskikbaar, maar sy het ʼn baie, baie spesiale prys vir Suid-Afrikaanse ma’s.

Luister gerus hier na hierdie week se potgooi waar ons weer bevestiging kry hoe belangrik dit is om met jou kind te praat. Ook watter rol dit in jou kind se uiteindelike leessukses speel.

KLIK HIER vir meer inligting.

Luister ook hier na die oolfant potgooi

OP SOEK NA MEER HULP EN RAAD OOR TUISONDERWYS?

Skryf gerus in vir hierdie gratis kursus

Weet jy nie waar om met tuisonderwys te begin nie?

Voel jy skoon verward oor al die opsies en keuses en moontlikhede?

➡️ ➡️ ➡️ Begin hier.

In Gratis&Verniet gaan jy alles vind sodat jy dadelik met tuisonderwys kan wegspring.

Vind onder andere uit:

  • Waarop jy moet fokus as jou kinders laerskoolouderdom is
  • Wat al die voor- en nadele van elkeen van die verskillende matriekroetes is
  • Hoe om jou kind se werk te merk
  • Hoe om ander mense (en jouself) te oortuig dat tuisskool die beste ding is
  • Hoe om te weet of jy jou kind op standaard is

Daar is:

  • Voorbeeldlesse
  • Webinare (3 ure se kyktyd)
  • Video’s (2 ure se kyktyd)
  • Werkboeke wat jy kan deurwerk om jouself op koers te kry
  • PDF’s met van die beste idees oor tuisonderwys
  • ʼn Aftiklysies wat jou help om die ideale tuisskooldag te beplan
  • Platsakplanne wat jy kan maak

Geniet hierdie skatkis van gratis hulpbronne wat jou dadelik:

  • Gemoedsrus
  • Fokus
  • Goeie struktuur
  • Afskopplekke gaan gee

Maak ʼn skittersukses van tuisonderwys.

Die beste manier om jou kind se taalvermoë uit te bou? Praat met jou kind. Lees hoe om dit beter te doen.

Leave a comment