Vind uit van al die voordele en wonders wat vir kinders in prenteboeke opgesluit is
Jenny Nel is mal oor boeke. Geen wonder dat sy daarom ʼn boekwinkel Little Books bestuur en bedryf nie.
Hierdie week in die potgooi vertel sy in die mooiste Afrikaans (sy is eintlik Engels) van al die voordele en wonders wat vir kinders in prenteboeke opgesluit is.
Ons het veral oor storieboeke gepraat en Jenny het daarin geslaag om talle verskuilde voordele van prenteboeke en die groot rol wat hulle in jou kind se ontwikkeling kan speel uit te wys.
Kom vind onder meer uit:
- Van die verband tussen jou kind se motoriese ontwikkeling en boeke
- Hoe jy prenteboeke kan gebruik om jou kind se emosies te help ontdek
- Van maniere waarop jy baie meer uit prenteboeke kan haal as waaraan jy dink
As jy meer wil uitvind oor die boeke wat Jenny verkoop, en dis enige boeke van kleuterboeke tot handboeke, hier is haar webwerf: littlebooks.co.za.
Sy het ook ʼn lekker lewendige Facebookblad waar jy haar kan volg.
Weet jy nie waar om met tuisonderwys te begin nie?
Voel jy skoon verward oor al die opsies en keuses en moontlikhede?
➡️ ➡️ ➡️ Begin hier.
In Gratis&Verniet gaan jy alles vind sodat jy dadelik met tuisonderwys kan wegspring.
Vind onder andere uit:
- Waarop jy moet fokus as jou kinders laerskoolouderdom is
- Wat al die voor- en nadele van elkeen van die verskillende matriekroetes is
- Hoe om jou kind se werk te merk
- Hoe om ander mense (en jouself) te oortuig dat tuisskool die beste ding is
- Hoe om te weet of jy jou kind op standaard is
Daar is:
- Voorbeeldlesse
- Webinare (3 ure se kyktyd)
- Video’s (2 ure se kyktyd)
- Werkboeke wat jy kan deurwerk om jouself op koers te kry
- PDF’s met van die beste idees oor tuisonderwys
- ʼn Aftiklysies wat jou help om die ideale tuisskooldag te beplan
- Platsakplanne wat jy kan maak
Geniet hierdie skatkis van gratis hulpbronne wat jou dadelik:
- Gemoedsrus
- Fokus
- Goeie struktuur
- Afskopplekke gaan gee
Maak ʼn skittersukses van tuisonderwys.
