As jy vir tuisskoolma’s net een stukkie raad kan gee, wat sal dit wees, vra ek vir Janet Kieswetter.
Sy dink net vir ʼn oomblik en dan verhelder haar gesig.
“Ek sal vir hulle sê hulle moet dinge pasklaar maak vir hulle eie kinders!” sê sy.
ʼn Ma so na my hart.
Die leuse van my potgooi is hoeka “oos, wes, tuis bes, want ons wil van tuisonderwys ontwerperonderwys maak.”
In hierdie week se potgooi-episode gesels ek en Janet land en sand. Veral oor sukkel met leer lees en die planne wat jy kan maak om dinge makliker te maak.
Meer inligting oor Janet se produkte is hier te kry:
https://kieswetterklaskamer.wordpress.com/leer-my-lees/