Episode 26: “My tuisskoollewe met ‘n outistiese seun”


Hoe om die swaarkry met lekkerkry klaar te kry

Daar is vir my twee soorte swaarkry. Die een is amper soos om 100 meter te hardloop. Dis intens en verg baie inspanning, maar dis gou verby. Soos ʼn operasie of ʼn siekte of die ma wat vir my geskryf het hoe hulle gesin vasgekeer was in die onluste en hoe benoud hulle was.

Die ander soort swaarkry is meer soos ʼn marathon. Dit hou aan en aan. Wat beteken dat jy ʼn pas moet aanslaan wat jou gaan help om die wedren klaar te maak. In ʼn marathon moet jy ook seker maak dat jy nie dehidreer nie en maar die water drink wat jou span vir jou gee.

Om ʼn kind met outisme groot te maak, is om so ʼn marathon te hardloop. Dit kry nooit klaar nie. Daarom dat die onderhoud wat ek vandag weer vir jou wil speel so waardevol is. Dis met tuisskoolma Sonja Taljaard en ek het dit in 2018 opgeneem. Dis inspirerend om te hoor hoe Sonja haar gees en haar geloof bly versterk.

Sy is in baie opsigte ook ʼn tuisskoolma wat noodgedwonge baanbreker moet speel en haar eie vorm van ontwerperonderwys moet maak. Daar was nie ʼn pasgemaakte program wat sy kon gebruik om haar met haar seun, Ewan te help nie. Probeer-probeer het sy ʼn manier gekry om hom te leer. Ek hoop hierdie onderhoud gaan jou weer moed en hoop gee.

As jy na Sonja se kuns wil gaan kyk, doen dit HIER.

Groot promosie aan die gang

Onthou van die oolfant promosie wat tans aan die gang is. Die beste waarde vir geld ooit met ‘n spesiale prys op die oolfant kursusse plus drie heerlike gratis bonusse.

 

In hierdie week se episode praat ons met tuisskoolma Sonja Taljaard en haar pad met outisme.

Leave a comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

four × 2 =