Episode 3, Seisoen 3: Ontskoling (“Deschooling”): ʼn nuwe dag breek vir jou aan!


Ontskoling help jou om jou en jou kind se agterkop te herprogrammeer – ja, jou agterkop!

Sukkel jy en jou kind om van die “skool” in julle tuisskool ontslae te raak?  

In hierdie potgooi kyk ek saam met jou na wat ontskoling eintlik is, hoe dit verskil van “unschooling” en wat jy en jou kind kan doen om te “detoks” of van die hardnekkige idees in julle agterkoppe ontslae te raak. 

Dis daardie idees wat jy eintlik weet al lankal deur navorsing verkeerd bewys is, maar om die een of ander rede steek hulle vas in jou agterkop, en regeer jou en jou tuisskool met ʼn ysterhand. Dit maak jou ongelukkig en onseker en vies vir hierdie tuisskool-situasie waarin jy blykbaar met oop oë ingeloop het.

Ontskoling kan jou help om geleidelik (of eensklaps) al die baie laste af te gooi, en jou vry maak sodat jy op ʼn dag besef: Ons is sowaar besig om dit te geniet om saam te leer en te lewe; ʼn nuwe dag is besig om vir my aan te breek!

Ja, dis nooit te laat om eers te stop en te ontskool nie! ʼn Nuwe begin is net om die draai!

Luister ook hier na die oolfant potgooi

WONDERLIKE SPESIALE AANBOD 23-30 NOVEMBER 2022

oolfant se 5 taalkursusse + 4 bonusse vir net R1999

Gee jou kinders vleuels! Vlieg sonder vrees!

Oolfant bied een van ons bekende reuse promosies vir Swart Vrydag aan, spesiaal om jou as tuisskoolma te help om sonder stres en met gemoedsrus te kan tuisskool. Dit is die ideale pakket om byderhand te hê as jy klaar ontskool het en graag sonder stres wil begin tuisskool, of ʼn nuwe blaadjie wil omslaan met julle vak Afrikaans. Hierdie pakket gee vir jou genoeg leermateriaal vir Afrikaans vir ʼn paar jaar, van ongeveer 10 tot 14 jaar, afhangende natuurlik van hoe vinnig julle daardeur werk. As jy ook jonger kinders het, sal jy die materiaal in die bonusse baie nuttig vind.

Die promosie is soos volg:

Van 23 tot 30 November kan jy al 5 oolfant se gesogte taalkursusse koop teen ʼn afslagprys van R1999, en boonop kry jy vier gratis bonusse by.

Kom ek vertel vir jou wat jy alles gaan kry, en wat die waarde van elke kursus is as jy dit afsonderlik sou koop:

  • 15-Minuut-Afrikaans: afsonderlik R699
  • Sinne wat sing: afsonderlik R799
  • Kom ons skryf ‘n opstel: afsonderlik R700

PLUS 2 Gratis bonuskursusse

  • Die genot van gedigte: R350
  • Spel sonder sukkel: R299

Dit gee vir jou ʼn totaal van R2847. As jy nou al 5 kursusse op een slag koop, betaal jy net R1999. Jy kry dus amper R850 se waarde gratis by!

En dit is nog sonder die 4 bykomende bonusse ter waarde van R800…. Die volgende 4 fantastiese GRATIS bonusse ter waarde van R800 kry jy ingesluit by jou aankoop:

  • 3 maande se intekening by Luistervink Stories ter waarde van R300
  • ‘n Geskenkbewys van R300 vir lekker Wiskundemateriaal van Somme(r) Pret
  • ‘n Gratis leer-my-lees-en-skryf-video deur tuisskoolma Janet Kieswetter ter waarde van R50
  • ‘n Gratis tuisskoolboek ter waarde van R150, geskryf deur tuisskool-alumna, Sarah Clarkson, geskenk deur die Pestalozzi Trust

Die totale waarde van die spesiale promosiepakket is dus R3647, maar jy betaal net R1999 vir alles.

Waaruit bestaan hierdie kursusse? Kom ek vertel jou kortliks.

In 15 Minute Afrikaans leer jou kind al die woordsoorte ken in ʼn prettige storie. Dit bevat 30 weke se werk, asook ʼn volledige onderwysersgids.

 

Kom ons skryf ʼn opstel leer jou stap vir stap hoe om eers ʼn goeie paragraaf, en dan ʼn wonderlike opstel te skryf. Gebruik ʼn vernuftige skema, en leer ook opsom.

 

Sinne wat sing help jou om jou taal en styl te verbeter. Jy doen dit deur stories reg te dokter. Daar is videolesse waarin jy 35 tegnieke stap vir stap oefen. Jy kry ook baie idees vir skryf.

 

Die bonuskursus, Die Genot van Gedigte, bevat 4 oulike videolesse oor 4 Afrikaanse gedigte.

 

Die bonuskursus Spel Sonder Sukkel is ʼn kort aanlyn kursus wat jou wys hoe om jou eie, individuele spelprogram op te stel en vir eens en vir altyd die spelmonster te oorwin.

Dit bestaan uit 10 kort videolesse waar 6 prosesse en 4 stappe behandel word om jou kinders effektief en sonder drama te leer spel.


Met hierdie Black Friday promosie van ons kan jy dus al 5 oolfant se taalkursusse aanskaf, plus 4 heerlike bonusse (ter waarde van R800), als vir net R1999. Dit sou jou R2847 gekos het om al die taalkursusse apart aan te koop. Maar die totale waarde van die spesiale promosiepakket = R3647, en jy betaal net R1999. Die promosie is geldig van 23 tot 30 November.

 

Leave a comment