Potgooi – Episode 10: Die nutteloosste inligting wat ek ooit vir my kinders kon leer


Wat is die nut van leer van woordsoorte?

My leuse op die oolfant webwerf is “omhels jou vryheid met vertroue”. Dis vir my nogal opvallend hoe baie keer ons mense maar bang is vir vryheid. Dis asof ons nie onsself vertrou met so baie keuses nie.

Jy sal nogal dikwels hoor dat ek die Franse filosoof Jean-Paul Satre aanhaal wat gesê het: As vryheid eers in die siel van ʼn mens ontplof het, kan die gode niks aan so ʼn mens doen nie.

En as hy praat van “gode” verkies ek om daaronder groot stelsels en sisteme wat ons wil inperk te verstaan.

Vandag gesels ek graag oor ʼn vraag wat ek al gekry het wat mooi aansluit by hierdie idee van vryheid. En dis die vraag hoekom ons sekere dinge vir ons kinders leer.

Want die ander interessante ding wat gebeur is as ma’s eers besef hulle kan vir hulle kinders leer net wat hulle wil, hulle hul begin afvra, maar wat is die nut van sekere kennis. Is dit ooit nodig?

Soos hierdie ma wat verlede jaar vir my ʼn kwaai e-pos geskryf het:

Hoekom moet kinders leer van die verskillende woordsoorte?

Uit my skooljare onthou ek dat ons dit wel geleer het, maar leer dit nou saam met my kind weer, want ek kan niks daarvan onthou nie.

Ek kan ook nie sien waar dit my enigsins met enige iets gehelp het nie.  Dit het my nie laat beter skryf, spel, praat, ens nie.

Ek het dit nog altyd gesien as seker die mees nuttelose inligting wat mens ooit op skool leer, want dit is nie eers interessant nie.

Tog skryf jy ʼn leerplan wat daaroor handel, dus vermoed ek daar moet ʼn doel wees vir die aanleer van hierdie oënskynlike nuttelose inligting.

In hierdie week se potgooiepisode beantwoord ek hierdie vraag en gee vir jou drie redes waarom ek dink ʼn bietjie kennis van woordsoorte (soos werkwoorde, naamwoorde, bywoorde en byvoeglike naamwoorde) is tog ʼn goeie ding. 

En as jy gereed is om te gaan inskryf vir 15-Minuut-Afrikaans, doen dit hier:

Luister ook hier na die oolfant potgooi

OP SOEK NA MEER HULP EN RAAD OOR TUISONDERWYS?

Skryf gerus in vir hierdie gratis kursus

Weet jy nie waar om met tuisonderwys te begin nie?

Voel jy skoon verward oor al die opsies en keuses en moontlikhede?

➡️ ➡️ ➡️ Begin hier.

In Gratis&Verniet gaan jy alles vind sodat jy dadelik met tuisonderwys kan wegspring.

Vind onder andere uit:

  • Waarop jy moet fokus as jou kinders laerskoolouderdom is
  • Wat al die voor- en nadele van elkeen van die verskillende matriekroetes is
  • Hoe om jou kind se werk te merk
  • Hoe om ander mense (en jouself) te oortuig dat tuisskool die beste ding is
  • Hoe om te weet of jy jou kind op standaard is

Daar is:

  • Voorbeeldlesse
  • Webinare (3 ure se kyktyd)
  • Video’s (2 ure se kyktyd)
  • Werkboeke wat jy kan deurwerk om jouself op koers te kry
  • PDF’s met van die beste idees oor tuisonderwys
  • ʼn Aftiklysies wat jou help om die ideale tuisskooldag te beplan
  • Platsakplanne wat jy kan maak

Geniet hierdie skatkis van gratis hulpbronne wat jou dadelik:

  • Gemoedsrus
  • Fokus
  • Goeie struktuur
  • Afskopplekke gaan gee

Maak ʼn skittersukses van tuisonderwys.

Wat is die nut van woordsoorte soos werkwoorde en naamwoorde? Hoekom moet ons enigsins daarvan leer?

Leave a comment