Potgooi – my kind sukkel so met lees


Leer makliker lees met Tippie

Die Leer Lees met Tippie reeks is sommer baie gewild onder tuisskolers. Daarom is dit vir my ʼn groot voorreg om hierdie week met Reinette Lombard, een van die “ma’s” van Tippie te gesels. Die ander “ma” is Reinette se eie ma, José Palmer.

Reinette vertel hoe haar ma altyd daarvan gedroom het om stories te skryf. Reinette het nou weer agtergrond as ʼn remediërende terapeut. En so saam-saam het hulle twee elkeen se sterk punte benut en ʼn byderwetse Afrikaanse leesreeks begin.

Tippie is al nege jaar met ons, maar het die laaste tyd Afrikaanse tuisskolers se aandag begin trek danksy sy holistiese en effektiewe benadering tot lees.

Op my vraag op watter ouderdom mens jou kind leer lees, antwoorde Reinette só: “Ons is nie puriste nie. Ons glo werklik dat dit van elke kind se indiwiduele potensiaal afhang op watter ouderdom mens met lees begin.”

Ek was ook baie bly om te hoor die Tippie boekies het glad nie ʼn graadfokus nie. Dit maak dit natuurlik ook baie maklik vir tweedetaalsprekers om Afrikaans op die manier te leer.

Reinette en José benader lees op ʼn eklektiese manier. Hulle glo kinders leer die beste as hulle foneties leer lees, maar hulle benut ook sigwoorde om die hele proses makliker te maak.

Dit was ʼn lekker onderhoud. Luister gerus na hierdie week se episode.

Vir meer inligting oor Tippie, besoek gerus hierdie Facebookblad: https://www.facebook.com/learntoreadtippie

Luister ook hier na die oolfant potgooi

OP SOEK NA MEER HULP EN RAAD OOR TUISONDERWYS?

Skryf gerus in vir hierdie gratis kursus

Weet jy nie waar om met tuisonderwys te begin nie?

Voel jy skoon verward oor al die opsies en keuses en moontlikhede?

➡️ ➡️ ➡️ Begin hier.

In Gratis&Verniet gaan jy alles vind sodat jy dadelik met tuisonderwys kan wegspring.

Vind onder andere uit:

  • Waarop jy moet fokus as jou kinders laerskoolouderdom is
  • Wat al die voor- en nadele van elkeen van die verskillende matriekroetes is
  • Hoe om jou kind se werk te merk
  • Hoe om ander mense (en jouself) te oortuig dat tuisskool die beste ding is
  • Hoe om te weet of jy jou kind op standaard is

Daar is:

  • Voorbeeldlesse
  • Webinare (3 ure se kyktyd)
  • Video’s (2 ure se kyktyd)
  • Werkboeke wat jy kan deurwerk om jouself op koers te kry
  • PDF’s met van die beste idees oor tuisonderwys
  • ʼn Aftiklysies wat jou help om die ideale tuisskooldag te beplan
  • Platsakplanne wat jy kan maak

Geniet hierdie skatkis van gratis hulpbronne wat jou dadelik:

  • Gemoedsrus
  • Fokus
  • Goeie struktuur
  • Afskopplekke gaan gee

Maak ʼn skittersukses van tuisonderwys.

Dis ʼn groot voorreg om hierdie week met Reinette Lombard te gesels, een van die “ma’s” van Leer Lees met Tippie.

Leave a comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

11 + 9 =