So beperk jy jou kinders se tyd op skerms sonder ‘n geveg
Ons weet almal ons kinders behoort minder tyd op skerms deur te bring. Dit sluit rekenaars, tablette en selfone in.
Maar hoe doen mens dit?
En hoe doen jy dit sonder ʼn geveg?
Ek dink nie dis realisties om ons kinders heeltemal weg te hou van alle skerms af nie.
In hierdie week se potgooi praat ek oor maniere waarop ons ons kinders se skermtyd beter kan bestuur.
Jy gaan onder meer hoor:
- Van die beroemde navorsing met die malvalekkers en hoe dit jou meer leer oor skermtydbestuur
- Hoe insig in jou eie gedrag op Facebook jou kan help met jou kinders se skermgedrag
- Wat gebeur as rotte wat verslaaf is aan kokaïen totaal vrye toegang daartoe kry
- Van twee effektiewe maniere waarop jy jou kind se skermtyd kan beperk
· Van ʼn oulike speletjie wat jy met jou kinders kan speel waar sakgeld, skermtyd en leestyd ʼn rol speel
Weet jy nie waar om met tuisonderwys te begin nie?
Voel jy skoon verward oor al die opsies en keuses en moontlikhede?
➡️ ➡️ ➡️ Begin hier.
In Gratis&Verniet gaan jy alles vind sodat jy dadelik met tuisonderwys kan wegspring.
Vind onder andere uit:
- Waarop jy moet fokus as jou kinders laerskoolouderdom is
- Wat al die voor- en nadele van elkeen van die verskillende matriekroetes is
- Hoe om jou kind se werk te merk
- Hoe om ander mense (en jouself) te oortuig dat tuisskool die beste ding is
- Hoe om te weet of jy jou kind op standaard is
Daar is:
- Voorbeeldlesse
- Webinare (3 ure se kyktyd)
- Video’s (2 ure se kyktyd)
- Werkboeke wat jy kan deurwerk om jouself op koers te kry
- PDF’s met van die beste idees oor tuisonderwys
- ʼn Aftiklysies wat jou help om die ideale tuisskooldag te beplan
- Platsakplanne wat jy kan maak
Geniet hierdie skatkis van gratis hulpbronne wat jou dadelik:
- Gemoedsrus
- Fokus
- Goeie struktuur
- Afskopplekke gaan gee
Maak ʼn skittersukses van tuisonderwys.
