Episode 33: “My kind verstaan nie wat hy of sy lees nie”


Hoe kan ek my kind help om met meer begrip te lees

Die meeste ma’s besef dat om met begrip te kan lees ʼn sleutelvaardigheid vir hulle kinders se akademiese en beroepsukses is.

Een van die maniere waarmee tuisskoolma’s probeer om hulle kinders se leesbegrip te verbeter, is deur vir hulle begripstoetse te laat doen. Maar om jou kind net begripstoetse te laat doen, is amper soos ʼn afrigter wat ʼn atleet net aan kompetisies laat deelneem sonder om ʼn doelbewuste oefenprogram met die atleet te volg.

Sê nou maar jy kon ʼn volledige afrigtingsprogram kry wat jou kinders se leesbegrip kan uitbou?

Debbie Smith, ʼn tuisskoolma en onderwysadviseur het die akademiese agtergrond in hierdie onderwerp. Danksy haar praktiese ervaring as tuisskoolma en onderwyskenner kan sy die boublokke van so ʼn program vir jou verskaf.

Ek en Debbie het besluit om kragte saam te span en ʼn webinaar aan te bied waar ons tuisskolers gaan touwys maak oor al die aspekte van so ʼn afrigtingsprogram wat leesbegrip kan bevorder. Ek gaan as fasiliteerder optree en al die vrae vra wat ek weet tuisskolers oor hierdie onderwerp het.

Die webinaar vind op 28 September om 19:30 plaas. Dit word via Zoom aangebied en kos R250 per gesin. Dit sluit ʼn geskrewe dokument en toegang tot die opname van die aanbieding in. Jy is natuurlik ook baie welkom om jou eie vrae te kom vra.

As jy wil registreer, KLIK HIER:

 

Luister ook hier na die oolfant potgooi

OP SOEK NA MEER HULP EN RAAD OOR TUISONDERWYS?

Skryf gerus in vir hierdie gratis kursus

Weet jy nie waar om met tuisonderwys te begin nie?

Voel jy skoon verward oor al die opsies en keuses en moontlikhede?

➡️ ➡️ ➡️ Begin hier.

In Gratis&Verniet gaan jy alles vind sodat jy dadelik met tuisonderwys kan wegspring.

Vind onder andere uit:

  • Waarop jy moet fokus as jou kinders laerskoolouderdom is
  • Wat al die voor- en nadele van elkeen van die verskillende matriekroetes is
  • Hoe om jou kind se werk te merk
  • Hoe om ander mense (en jouself) te oortuig dat tuisskool die beste ding is
  • Hoe om te weet of jy jou kind op standaard is

Daar is:

  • Voorbeeldlesse
  • Webinare (3 ure se kyktyd)
  • Video’s (2 ure se kyktyd)
  • Werkboeke wat jy kan deurwerk om jouself op koers te kry
  • PDF’s met van die beste idees oor tuisonderwys
  • ʼn Aftiklysies wat jou help om die ideale tuisskooldag te beplan
  • Platsakplanne wat jy kan maak

Geniet hierdie skatkis van gratis hulpbronne wat jou dadelik:

  • Gemoedsrus
  • Fokus
  • Goeie struktuur
  • Afskopplekke gaan gee

Maak ʼn skittersukses van tuisonderwys.

Om jou kind net begripstoetse te laat doen, is soos ʼn afrigter wat ʼn atleet net aan kompetisies laat deelneem sonder om ʼn doelbewuste oefenprogram met die atleet te volg. ‘n Volledige afrigtingsprogram bou leesbegrip beter uit.

Leave a comment