Episode 20: Die beste manier om tyd saam met jou kind te spandeer


Al die vrae wat jy oor hardop voorlees het

Die wintervakansie is op hande. ʼn Heerlike tyd om weg te raak in lekker stories en goeie boeke. Daarom het ek dit goed gedink om weer hierdie week in die potgooi die onderhoud met Hannekie Verwoerd, spraak- en taalterapeut met jou te deel.

Die onderhoud is al drie jaar oud, en meer as 4000 mense het op YouTube daarna gekyk. Hannekie deel soveel insig en wysheid en kennis oor taalverwerwing in daardie onderhoud dat ek dit graag ook as ʼn potgooi-episode met jou deel.

In die onderhoud verduidelik sy so mooi wat die verskil tussen boek- en gesprekstaal het en hoekom jou kind albei moet ken.

Ook watter groot rol hardop voorlees in jou kind se uiteindelike leesbegrip speel.

Hannekie het ʼn passie vir goeie boeke en ek dink jy gaan ook hou van die titels waarna sy in hierdie onderhoud verwys.

Sy praat onder andere oor die verskil tussen slaaptydstories en hardop voorlees, oor hoekom illustrasie belangrik is, hoe lank jy op ʼn slag moet voorlees en ook hoe mens Engelse boeke inbring.

Mag hierdie onderhoud jou opnuut inspireer om hardop vir jou kinders voor te lees. En mag dit jou hope skietgoed gee om vir ander mense te verduidelik hoekom julle so baie stories lees en dit nog steeds leer noem.

Vir meer inligting oor Hannekie se webwerf Luistervinkstories, klik hier:

Verslind gerus hierdie volgende twee maande al daardie boeke. Dis die beste ding wat jy vir jou kind kan doen.

Luister ook hier na die oolfant potgooi

OP SOEK NA MEER HULP EN RAAD OOR TUISONDERWYS?

Skryf gerus in vir hierdie gratis kursus

Weet jy nie waar om met tuisonderwys te begin nie?

Voel jy skoon verward oor al die opsies en keuses en moontlikhede?

➡️ ➡️ ➡️ Begin hier.

In Gratis&Verniet gaan jy alles vind sodat jy dadelik met tuisonderwys kan wegspring.

Vind onder andere uit:

  • Waarop jy moet fokus as jou kinders laerskoolouderdom is
  • Wat al die voor- en nadele van elkeen van die verskillende matriekroetes is
  • Hoe om jou kind se werk te merk
  • Hoe om ander mense (en jouself) te oortuig dat tuisskool die beste ding is
  • Hoe om te weet of jy jou kind op standaard is

Daar is:

  • Voorbeeldlesse
  • Webinare (3 ure se kyktyd)
  • Video’s (2 ure se kyktyd)
  • Werkboeke wat jy kan deurwerk om jouself op koers te kry
  • PDF’s met van die beste idees oor tuisonderwys
  • ʼn Aftiklysies wat jou help om die ideale tuisskooldag te beplan
  • Platsakplanne wat jy kan maak

Geniet hierdie skatkis van gratis hulpbronne wat jou dadelik:

  • Gemoedsrus
  • Fokus
  • Goeie struktuur
  • Afskopplekke gaan gee

Maak ʼn skittersukses van tuisonderwys.

In hierdie week se episode kyk ons weer bietjie na die beste manier om tyd saam met jou kind te spandeer: Voorlees.

Leave a comment