Potgooi – Episode 15: Geestesgesondheid – gee jou kind hierdie gawe


Emosionele intelligensie, die sleutel tot sukses

“Intelligensie bepaal maar 15% van jou kind se uiteindelike lewensukses,” sê veteraantuisskoolma en leefgids Lindi Potgieter.

So baie keer fokus ons as tuisskolers meestal op akademiese mylpale vir ons kinders en skeep soms hulle emosionele intelligensie af.

In hierdie potgooiepisode praat Lindi hoe jy self jou kind se leefgids of “life coach” kan word.

Sy haal ʼn paar interessante sienings op oor wat sy die “coach approach” tot ouerskap noem. Soos byvoorbeeld hoe belangrik kommunikasie is. Dit sluit natuurlik luister in, maar ook die kuns om die regte vraag op die regte tyd vir jou kind te kan vra.

Lindi bied op 13 Mei 2021 ʼn gratis werkswinkel hieroor aan. Kry meer inligting op haar webwerf

Luister ook hier na die oolfant potgooi

OP SOEK NA MEER HULP EN RAAD OOR TUISONDERWYS?

Skryf gerus in vir hierdie gratis kursus

Weet jy nie waar om met tuisonderwys te begin nie?

Voel jy skoon verward oor al die opsies en keuses en moontlikhede?

➡️ ➡️ ➡️ Begin hier.

In Gratis&Verniet gaan jy alles vind sodat jy dadelik met tuisonderwys kan wegspring.

Vind onder andere uit:

  • Waarop jy moet fokus as jou kinders laerskoolouderdom is
  • Wat al die voor- en nadele van elkeen van die verskillende matriekroetes is
  • Hoe om jou kind se werk te merk
  • Hoe om ander mense (en jouself) te oortuig dat tuisskool die beste ding is
  • Hoe om te weet of jy jou kind op standaard is

Daar is:

  • Voorbeeldlesse
  • Webinare (3 ure se kyktyd)
  • Video’s (2 ure se kyktyd)
  • Werkboeke wat jy kan deurwerk om jouself op koers te kry
  • PDF’s met van die beste idees oor tuisonderwys
  • ʼn Aftiklysies wat jou help om die ideale tuisskooldag te beplan
  • Platsakplanne wat jy kan maak

Geniet hierdie skatkis van gratis hulpbronne wat jou dadelik:

  • Gemoedsrus
  • Fokus
  • Goeie struktuur
  • Afskopplekke gaan gee

Maak ʼn skittersukses van tuisonderwys.

In hierdie episode vertel veteraantuisskoolma en leefgids Lindi Potgieter hoekom emosionele intelligensie belangrik vir tuisskoolkinders is.

Leave a comment