Episode 19: Die een ding wat die meeste ma’s pootjie


Bemeester hierdie vaardigheid en jy sal baie makliker kan tuisskool

Hierdie week wil ek praat oor die een ding wat ek sien die meeste tuisskoolma’s pootjie om suksesvol met tuisonderrig te wees.

Dis nie ʼn gebrek aan kennis of vaardigheid nie.

Ook nie aan inligting nie.

Ook nie aan dissipline of wilskrag nie.

Dis eintlik iets waarmee alle mense sukkel. Die uwe inkluis.

Maar laat ek vir jou sê as jy hierdie een ding bemeester gaan tuisonderwys spesifiek en die lewe oor die algemeen vir jou baie, baie makliker raak.

Is jy reg? Dit gaan jou oneindig baie help as jy kan leer om meer geduldig te wees.

  •         Hoe leer jy jouself om meer geduldig te wees?

Dis die vraag wat ek hierdie week in die potgooi vir jou beantwoord.

  •         En hoekom sal ons al die moeite doen om geduldig te wees?
  •         Is geduldig ooit die beste manier om seker te maak mens vorder vinniger?

Ja, ook daardie vrae beantwoord ek vir jou.

My een kursus wat opgestel is met hierdie beginsels van geduldig wees in gedagte is my 30-weke-taalkursus 15-Minuut-Afrikaans. Elke weeksdag werk die kinders met ʼn enkele storiesin op ʼn slag. Hulle leer woordsoorte daarin identifiseer, hulle gebruik die sinnetjie vir afskryf en woordeskat en spelling. Dis min werk, maar die feit dat mens dit elke dag doen lewer uiteindelik wonderlike resultate.

Dit sluit mooi aan by my eie leuse wat ek so graag vir jou herhaal: bietjie werk + elke dag = reuseresultate.

Ilse van Jaarsveld skryf só oor 15-Minuut-Afrikaans: “My seun (11) se redenasievermoë het verbeter en selfs sy probleemoplossingsvaardigheid. Hy het eers moedeloos geword met woordsoorte soek, maar soos hy gevorder het, het dit pret geword en dit was amper soos wegkruipertjie speel.”

En hier is Anelle Burger se terugvoering: “Ek was aan die begin huiwerig, want vir Engels gebruik ons ‘n program wat baie sterk op grammar fokus. Maar ek staan nou verstom. My kind se begrip, spel en identifiseer van woordsoorte het merkbaar verbeter.

“Die kort lesse pas hom ook. Dit het vir my na te min gevoel, maar ek is verkeerd bewys.

“Ons is nou net oor halfpad en ek is sommer al hartseer dat die program nie langer is nie.”

Ek hoop hierdie potgooi-episode help jou sommer baie om meer geduld aan die dag te lê. Nes ek hoop ʼn kursus soos 15-Minuut-Afrikaans gee vir jou genoeg steierwerk om Afrikaanse taalleer moeiteloos en met vreugde aan te pak.

Klik hier as jy na 15-Minuut-Afrikaans wil gaan kyk.

Luister ook hier na die oolfant potgooi

OP SOEK NA MEER HULP EN RAAD OOR TUISONDERWYS?

Skryf gerus in vir hierdie gratis kursus

Weet jy nie waar om met tuisonderwys te begin nie?

Voel jy skoon verward oor al die opsies en keuses en moontlikhede?

➡️ ➡️ ➡️ Begin hier.

In Gratis&Verniet gaan jy alles vind sodat jy dadelik met tuisonderwys kan wegspring.

Vind onder andere uit:

  • Waarop jy moet fokus as jou kinders laerskoolouderdom is
  • Wat al die voor- en nadele van elkeen van die verskillende matriekroetes is
  • Hoe om jou kind se werk te merk
  • Hoe om ander mense (en jouself) te oortuig dat tuisskool die beste ding is
  • Hoe om te weet of jy jou kind op standaard is

Daar is:

  • Voorbeeldlesse
  • Webinare (3 ure se kyktyd)
  • Video’s (2 ure se kyktyd)
  • Werkboeke wat jy kan deurwerk om jouself op koers te kry
  • PDF’s met van die beste idees oor tuisonderwys
  • ʼn Aftiklysies wat jou help om die ideale tuisskooldag te beplan
  • Platsakplanne wat jy kan maak

Geniet hierdie skatkis van gratis hulpbronne wat jou dadelik:

  • Gemoedsrus
  • Fokus
  • Goeie struktuur
  • Afskopplekke gaan gee

Maak ʼn skittersukses van tuisonderwys.

In hierdie week se episode praat ons oor die een ding wat meeste tuisskoolma’s pootjie om suksesvol met tuisonderrig te wees.

Leave a comment