Episode 18: 5 Maniere om jou kinders met hulle emosies te help


Die belangrikste ding wat jy ooit aan jou kind kan sê

ʼn Jong Afrikaanse vriendin wat ek hier in Amerika het, het nou die dag die oulikste ding denkbaar met haar sesjarige seuntjie gedoen. Ek wil dit graag met jou deel, want ek dink wat sy gedoen het, was briljant en kan enige ma help.

Sy het twee woelige seuntjies. Sulke blondekoppies wat nooit vir ʼn oomblik stilsit nie. Die ouer boetie is nou ses en hy teken verskriklik goed. Die jonger enetjie is vier en hy is net so lief vir teken soos ouboet, maar sy vaardigheid is nog nie daar nie.

Op ʼn braai met ʼn paar Suid-Afrikaanse vriende sit die ouer outjie en teken. Jonger boet hardloop rond met sy vetkryt en soek na ʼn plek waar hy ook kan teken. Al wat hy in die hande kry is ouboet se spesiale tekenboek en entoesiasties begin hy daarin krap.

Ouboet ontplof en is op die punt om vir Kleinboet aan te rand oor die skade wat hy aangerig het, toe sy Ma hom aan die skouers vat, reg in die oë kyk en die belangrikste sinnetjie sê wat ons vir ons kinders kan sê.

In hierdie week episode praat ek oor daardie sinnetjie en ook die vyf maniere waarop ons ons kinders met hulle emosies kan help.

In my skryfkursus Sinne wat sing verwys ek ook na die vier groot kategorieë waarin ons emosies kan verdeel:

  •         Mad
  •         Bad
  •         Sad
  •         Glad

Een van die groot voordele van stories is juis dat dit ons help om ander mense en onsself beter te kan verstaan.

Dis wat Christelle Nel oor die kursus te sê het:

“Ons het vreeslik baie pret met jou kursusse. 

“Die hele jaar wat ons al die Sinne wat Sing doen, sien ek hoe my seun eers gesukkel het, en ewe skielik lyk dit vir my of hy snap wat hy moet doen.  Ek help ook eers, maar hy moet dan sy eie woorde soek en mag nie myne gebruik nie. 

“Dit begin nou vir hom maklik raak en ek sien die liggie het aangegaan.  My hart pomp sommer tjoklits daaroor. 

“Baie dankie dat jy hierdie kursusse gemaak het.”

Sinne wat sing behandel 33 skryftegnieke met jou kinders aan die hand van oulike stories wat die kinders moet verbeter.

Klik HIER om na Sinne wat sing te gaan kyk.

Luister ook hier na die oolfant potgooi

OP SOEK NA MEER HULP EN RAAD OOR TUISONDERWYS?

Skryf gerus in vir hierdie gratis kursus

Weet jy nie waar om met tuisonderwys te begin nie?

Voel jy skoon verward oor al die opsies en keuses en moontlikhede?

➡️ ➡️ ➡️ Begin hier.

In Gratis&Verniet gaan jy alles vind sodat jy dadelik met tuisonderwys kan wegspring.

Vind onder andere uit:

  • Waarop jy moet fokus as jou kinders laerskoolouderdom is
  • Wat al die voor- en nadele van elkeen van die verskillende matriekroetes is
  • Hoe om jou kind se werk te merk
  • Hoe om ander mense (en jouself) te oortuig dat tuisskool die beste ding is
  • Hoe om te weet of jy jou kind op standaard is

Daar is:

  • Voorbeeldlesse
  • Webinare (3 ure se kyktyd)
  • Video’s (2 ure se kyktyd)
  • Werkboeke wat jy kan deurwerk om jouself op koers te kry
  • PDF’s met van die beste idees oor tuisonderwys
  • ʼn Aftiklysies wat jou help om die ideale tuisskooldag te beplan
  • Platsakplanne wat jy kan maak

Geniet hierdie skatkis van gratis hulpbronne wat jou dadelik:

  • Gemoedsrus
  • Fokus
  • Goeie struktuur
  • Afskopplekke gaan gee

Maak ʼn skittersukses van tuisonderwys.

Die belangrikste sinnetjie wat jy vir jou kind kan sê gaan hand aan hand met vyf maniere waarop jy jou kinders met hulle emosies kan help.

Leave a comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

5 × five =