Ontmoet ʼn tuisskoolma wat ook ʼn begaafde poliglot is
Marie-Louise Botha is nou regtig wat mens ʼn poliglot sal noem. As jy nie weet wat beteken nie, dis iemand wat baie tale ken. Die woord kom van die Griekse woord poli wat baie beteken en glotta wat tong beteken.
Sy praat Afrikaans, Sotho, Sepedi, Tswana, Zoeloe en Engels. Laasgenoemde net vir selfverdediging, lag sy. Verder ken sy ook Nederlands. Russies kon sy op ʼn stadium ook praat, maar het dit nou verleer.
So baie tuisskolers het die behoefte om meer van die elf amptelike landstale aan te leer as net Engels. Daarom het ek dit hierdie week goed gedink om met Marie-Louise van die taalskool Bothabile te praat.
Marie-Louise is self ʼn tuisskoolma wat na ʼn tydperk wat haar kinders in die skool was, hulle twee nou weer tuisskool. Talle tuisskolers het al haar kursusse geloop.
“Tuisskolers is soos sponse,” vertel sy van haar ervaring met hulle.
Luister gerus HIER na hierdie episode en vind die volgende uit:
- Hoekom dit vir ʼn Afrikaanssprekende makliker is om Sotho te leer as vir Zoeloespreker
- Hoeveel keer jy ʼn woord in ʼn nuwe taal moet herhaal voordat dit vir altyd in jou brein ingeprent is
- Wat die aanleer van addisionele tale vir jou brein kan doen
Die naam Bothabile is ʼn slim sinspeling op haar van, maar dit het ʼn dubbele betekenis. As jy graag wil weet wat dit beteken, ons praat hier teen minuut 16 daaroor.
As jy belangstel in Bothabile se dienste, stuur gerus vir Marie-Louise ʼn WhatsApp by 072 565 2763 of stuur vir haar ʼn e-pos na [email protected]
Weet jy nie waar om met tuisonderwys te begin nie?
Voel jy skoon verward oor al die opsies en keuses en moontlikhede?
➡️ ➡️ ➡️ Begin hier.
In Gratis&Verniet gaan jy alles vind sodat jy dadelik met tuisonderwys kan wegspring.
Vind onder andere uit:
- Waarop jy moet fokus as jou kinders laerskoolouderdom is
- Wat al die voor- en nadele van elkeen van die verskillende matriekroetes is
- Hoe om jou kind se werk te merk
- Hoe om ander mense (en jouself) te oortuig dat tuisskool die beste ding is
- Hoe om te weet of jy jou kind op standaard is
Daar is:
- Voorbeeldlesse
- Webinare (3 ure se kyktyd)
- Video’s (2 ure se kyktyd)
- Werkboeke wat jy kan deurwerk om jouself op koers te kry
- PDF’s met van die beste idees oor tuisonderwys
- ʼn Aftiklysies wat jou help om die ideale tuisskooldag te beplan
- Platsakplanne wat jy kan maak
Geniet hierdie skatkis van gratis hulpbronne wat jou dadelik:
- Gemoedsrus
- Fokus
- Goeie struktuur
- Afskopplekke gaan gee
Maak ʼn skittersukses van tuisonderwys.