Episode 44: So reis jy sing-sing en speel-speel deur Suid-Afrika


Kom reis saam deur Suid-Afrika

Hierdie week stel ek graag twee tuisskoolma’s bekend wat ʼn Aardrykskunde kurrikulum vir hulle eie kinders ontwikkel het wat hulle graag saam met ander ma’s in ʼn ko-op wou gebruik. Maar soos wat die jaar aangestap het, het Annerien Potgieter en Martie Erasmus besef die leerplan is so heerlik dat hulle besluit het om ʼn boek daarvan te maak en dit ook aan ander ma’s beskikbaar te stel.

Die boek is in 13 hoofstukke verdeel, een oor elke provisie van Suid-Afrika. Verder ook die inleidende hoofstuk oor waar Suid-Afrika in die groter kontinent van Afrika inpas. Die slothoofstukke is samevattings wat ook  ʼn skattejag insluit.

Luister gerus na hierdie episode en

  •         Hoor hoe sing die jonge Potgieters en Erasmusse die liedjie oor die Noord-Kaap
  •         Onthou al liedjies in die boek is HIER op YouTube beskikbaar as julle dit ook wil leer
  •         Wat jy met ʼn walvis in hierdie boek gaan doen
  •         Hoekom jy as ma elke keer as julle Dag 9 van elke hoofstuk tref, sooo bly gaan wees
  •         Hoe jy maklik jonger kinders (jonger as 8 jaar) by die aktiwiteite kan betrek

As jy belangstel om die boek te koop, stuur ʼn e-pos na die [email protected] of kontak vir Annerien op WhatsApp by 079 491 9160. Die boek kos R350 plus posgeld.

Luister ook hier na die oolfant potgooi

OP SOEK NA MEER HULP EN RAAD OOR TUISONDERWYS?

Skryf gerus in vir hierdie gratis kursus

Weet jy nie waar om met tuisonderwys te begin nie?

Voel jy skoon verward oor al die opsies en keuses en moontlikhede?

➡️ ➡️ ➡️ Begin hier.

In Gratis&Verniet gaan jy alles vind sodat jy dadelik met tuisonderwys kan wegspring.

Vind onder andere uit:

  • Waarop jy moet fokus as jou kinders laerskoolouderdom is
  • Wat al die voor- en nadele van elkeen van die verskillende matriekroetes is
  • Hoe om jou kind se werk te merk
  • Hoe om ander mense (en jouself) te oortuig dat tuisskool die beste ding is
  • Hoe om te weet of jy jou kind op standaard is

Daar is:

  • Voorbeeldlesse
  • Webinare (3 ure se kyktyd)
  • Video’s (2 ure se kyktyd)
  • Werkboeke wat jy kan deurwerk om jouself op koers te kry
  • PDF’s met van die beste idees oor tuisonderwys
  • ʼn Aftiklysies wat jou help om die ideale tuisskooldag te beplan
  • Platsakplanne wat jy kan maak

Geniet hierdie skatkis van gratis hulpbronne wat jou dadelik:

  • Gemoedsrus
  • Fokus
  • Goeie struktuur
  • Afskopplekke gaan gee

Maak ʼn skittersukses van tuisonderwys.

Besoek al 9 provinsies binne 36 weke met hierdie boek. Talle oulike aktiwiteite ingesluit, soos ‘n skattejag.

Leave a comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.

10 + seven =