Raad en wenke vir beste tuisskoolbesluite
As iemand tuisonderwys vir die eerste keer ontdek, kan dit oorweldigend voel om uit te sorteer hoe alles werk. Ek weet, ek was ook daar.
In hierdie episode wil ek dinge vir jou makliker maak deur vir jou te wys daar is eintlik net 5 groot besluite wat jy moet neem as jy wil tuisskool.
Ek was waar jy nou is. Bang ek gaan ʼn groot flop van tuisonderwys maak, bang ek gaan my kinders se toekoms vir altyd en altyd opmors. Kom ek vat vandag jou hand en wys jou die pad. Dis makliker as wat jy dink.
Miskien is jy ʼn ouer wat al die tuisskoolpaadjie vir ʼn rukkie stap, maar jy het nodig om net weer die grondbeginsels te hoor. Jy is ook welkom. Ons het almal nodig om belangrike boodskappe weer en weer te hoor.
Eers gaan ek net eers vir jou sê wat die vyf groot besluite is wat jy in tuisonderwys sal moet neem. En dan gaan ek vir jou ʼn tegniek leer om jou te help om elkeen van daardie besluite te neem. Jy gaan dit baie geniet om hierdie tegniek te gebruik en oor ʼn halfuur of wat gaan jy baie meer gerus voel oor tuisonderrig.
Groot promosie aan die gang
Onthou van die oolfant promosie wat tans aan die gang is. Die beste waarde vir geld ooit met ‘n spesiale prys op die oolfant kursusse plus drie heerlike gratis bonusse.