Episode 25: Kinders by dosyne


So tuisskool jy 12 kinders

Ons het almal nogal ʼn rowwe tydjie agter die rug. Die pandemie ry ons steeds. En die onrus in die land wat toe boonop uitgebreek het, het ons almal taamlik vuisvoos op moed-verloor-se-vlakte. Daarom het ek dit goed gedink om van die inspirerendste onderhoude wat ek al gevoer het weer met jou op die potgooi te deel.

Die een wat vandag aan die beurt kom het ek in 2018 met Tina van Deventer gevoer. Tina het twaalf kinders, wat sy almal tuisskool of getuisskool het. Hulle is almal nou al bietjie ouer as in die onderhoud, maar hulle gesin gaan steeds sterk voort. Haar raad en wenke oor dissipline, verskillende kinders wat elkeen uniek is en die waarde en genot van voorlees is steeds goud werd.

Maar die groot rede hoekom ek graag hierdie onderhoud in hierdie moeilike tye met jou wil deel, is die voorval wat dié gesin tydens ʼn gewapende rooftog gehad het. Tina praat daaroor hier by die sestienminuutmerk in die onderhoud. Haar vertelling hieroor gaan jou weer moed en hoop gee. En jou geloof versterk.

Lekker luister.

Groot promosie aan die gang

Onthou van die oolfant promosie wat tans aan die gang is. Die beste waarde vir geld ooit met ‘n spesiale prys op die oolfant kursusse plus drie heerlike gratis bonusse.

 

In hierdie week se episode lig ons weer bietjie die kollig op een die inspirerendste onderhoude wat ek al ooit gevoer het.

Leave a comment