Terwyl ek die onderhoud met Sonja Taljaard oor haar paadjie met haar seun Ewan se outisme redigeer, bly die woorde van Friedrich Nietzsche my by: As jy die hoekom weet, kan jy die hoe leef. Vir Sonja is die hoekom haar geloof dat God elke mens op aarde vir ’n unieke doel geskape het.
As jy die hoekom weet, kan jy die hoe leef – Friedrich Nietzsche
Dis ook die rede waarom sy van die begin af verkies het om haar vier kinders te tuisskool. Sy glo as jy die gawes en talente wat die Here vir jou gegee het, gebruik, gaan dit nie vir jou voel jy doen maar net ’n werk nie.
Maar dis nie te sê dat die hoe van elke dag saamleef met ’n outistiese kind maklik is nie. Eers nadat sy totaal ineengestort het en heeltemal uitgebrand het, het sy, soos wat sy dit stel, “baie nader aan die Here beweeg en dit het haar anker geword. Dis waar ek my insig en wysheid gekry het vir die pad vorentoe. Die Here het vir my gesê: ‘Kom jy dat ek jou leer, en dan kan jy jou kinders leer.’”
Outisme: die deurbrake wat sy al gesien het
Sy het al reusedeurbrake met Ewan gesien. Soos toe hy op twee en half uit die bloute in ’n volsin vir haar vir ’n glas water vra. Hy, wat voor dit nog nooit ’n enkele woord gesê het nie.
Vandag kan hy ook goed lees en skryf en eenvoudige Wiskunde doen. Hy gaan gee vreemde mense drukkies, baie ongewoon vir iemand met outisme wat gewoonlik aanraking met ander mense vermy.
“My kind is vandag gelukkig, en dit voel vir my of sy storie nog nie klaar is nie,” sê Sonja.
Moenie dink dit beteken dat sy elke dag wonderwerke met haar kind sien nie. Inteendeel, sy verduidelik dat die groei en deurbrake waarna mens so smag baie keer weggesteek is in die alledaagse en gewone roetinetake.
Goeie wenke om outisme beter te hanteer
Sy het ’n paar goeie wenke hoe om die hoe van outisme elke dag te kan hanteer.
- Soos die lewenstylaanpassings wat hulle hele gesin gemaak het deur gesonder te eet en byvoorbeeld suiker en suiwel omtrent totaal uit hulle dieet te sny.
- Of die kreatiewe maniere waarop Sonja en Johan, haar man, seker maak Ewan leer. Johan speel byvoorbeeld seerowerspeletjies met Ewan. Sonja skryf vir hom stories en lees dit vir hom voor op vreeslike dramatiese maniere.
- Sonja het ook seker gemaak die hele kunstige gesin Taljaards het ’n kreatiewe uitlaatklep met die Etsy-blad wat sy vir hulle geskep het. Hulle verkoop van hulle kunswerke daar (en verdien dollars daarmee!)
- Sy het ook die wysheid om haar kind nie met ander kinders te vergelyk nie.
Klik op die prentjie hierbo en luister na die hele onderhoud
En skep weer moed vir die moeilikheid in jou eie lewe. Dis wat met my gebeur het nadat ek met Sonja gepraat het. Ek is so dankbaar dat sy bereid was om haar hart so oop te maak.
Hier is Sonja se bladsy op Etsy: https://www.etsy.com/shop/sonjataljaardart
Op soek na meer raad en wenke oor tuisonderwys?
Skryf dan gerus in vir hierdie GRATIS aanlyn kursus
Vind onder andere uit:
- Waarop jy moet fokus as jou kinders laerskoolouderdom is
- Wat al die voor- en nadele van elkeen van die matriekroetes is
- Hoe om jou kind se werk te merk
- Hoe om ander mense (en jouself) te oortuig dat tuisskool die beste ding is
- Hoe om te weet of jy jou kind op standaard is
Daar is:
- Voorbeeldlesse
- Webinare (3 ure se kyktyd)
- Video’s (2 ure se kyktyd)
- Werkboeke wat jy kan deurwerk om jouself op koers te kry
- PDF’s met van die beste idees oor tuisonderwys
- ʼn Aftiklysies wat jou help om die ideale tuisskooldag te beplan
- Platsakplanne wat jy kan maak
Geniet hierdie skatkis van gratis hulpbronne wat jou dadelik:
- Meer gemoedsrus
- Fokus
- Goeie struktuur
- Afskopplekke gaan gee
Maak ʼn skittersukses van tuisonderwys.