“Dit voel of ons kroek” – só lyk ontwerper-onderwys mos

Tuisonderwys is ontwerper-onderwys, seg ek mos altyd. Want tuisonderwys beteken jy kan skool aanpas tot dit PRESIES by jou behoeftes pas. Die ooglopendste voorbeeld is dat ons tuisskolers buite seisoen kan gaan vakansie hou. En ek weet tuisskolers benut hierdie voordeel goed.

Ontwerper-onderwys as jou kind besonder begaafd is

Maar as jy ʼn kind het wat regtig akademies begaafd is, beteken tuisonderwys jy kan die spoed waarteen hy werk bietjie aandraai. Of, soos in die geval van die slimme Hjalmar Rall, baie aandraai! Hjalmar het op veertien reeds die Cambridge matriekeksamen deurgekom en toe Fisika op Tukkies gaan studeer. Deesdae is hy nou al ʼn tweedejaar en blykbaar ʼn tutor vir van die ouer studente. Vir iemand soos Hjalmar was tuisonderwys inderdaad ontwerperonderwys. Lees Hjalmar se storie hier.  Dieselfde geld vir kinders wat baie goed met sport vaar of een of ander buitengewone talent het. As ek reg onthou, is die bekende Afrikaanse sangeres Nádine ook getuisskool. Juis sodat sy meer gereeld kon optree. Onlangs het ek gehoor van ʼn gesin wat nou regtig ontwerperonderwys doen.

Ontwerper-onderwys op die Cloete-roete

Die vier Cloetes van Pretoria het laat in April 2018 hulle huis verhuur, hulle tassies en sleepwa gepak en met ʼn jaarlange toer deur die land begin. Hulle kamp nie, maar bly op hulle reis in chalets en vakansiehuise. Hulle navorsing het gewys dat ʼn kampeerdery baie duur kan uitwerk. Toe ek met Rut gepraat het, was hulle nog in KwaZulu-Natal in Ulundi. Sy het vertel van die stories van die land se mense wat hulle oral hoor. En hoe hulle obskure klein museumpies ontdek wat die geskiedenis vir haar twee kinders (10, 7) laat lewe kry. Sy sê dis ongelooflik as Zoeloes self van hulle eie geskiedenis vertel. Rut-hulle het vir langer as ʼn maand by Kingsburgh naby Amanzimtoti vakansie gehou. Dis toe dat sy gesê het: “Die hele ervaring voel of ons kroek, so lekker is dit.” ʼn Bonus was dat hulle hierdie jaar amper nie winter gehad het nie. As vriende uit Pretoria laat weet het hoe koud dit daar was, het hulle in kortbroeke rondgesit, vertel sy.

“Hulle leer soveel goed” – Rut Cloete

Die gesin is ook lede van die Bergklimklub van Suid-Afrika. Terwyl hulle so toer, doen hulle soms ook meer avontuurlustige aktiwiteite soos abseiling. “My kinders leer soveel goed wat hulle net nooit sou geleer het as ons in die stad gebly het nie,” sê Rut. Omdat Rut op hierdie stadium nog van plan is om die kinders terug te sit in die skool sodra die reis op ʼn end is, volg sy ʼn bokskurrikulum van Impaq. Maar sy vertel ook dat hulle gesin vreeslik baie lees. Wat my hart nou weer baie bly maak. Ek het later weer met haar gepraat en toe was hulle in Mpumalanga waar hulle ʼn spookdorpie ontdek het, waar asbes gemyn is, waar maar wat ontruim is nadat almal agtergekom het hoe gevaarlik asbes is. Die Cloetes gaan hierna blomme in Namakwaland kyk en dan gaan hulle rustig afkuier Kaap toe. Dan moet hulle besluit of hulle die binneland gaan inry en of hulle Oos-Kaap toe gaan en al kuslangs gaan beweeg. As jy wil weet watter soort werk die Cloetes doen om dit reg te kry om vir ʼn jaar lank so salig te kan rondreis, luister gerus na die onderhoud. (Hier is solank ʼn wenk: een van die groot frustrasies wat Rut het, is dat die internet nie oral waar hulle reis altyd so betroubaar is nie.)
Tuisonderwys is ontwerper-onderwys, want jy kan dinge aanpas totdat dit PRESIES by jou behoeftes pas. Soos die Cloete-gesin wat op reis is deur die land.

Leave a comment