Episode 22: So maak jy matriek in Afrikaans sonder CAPS


Leer meer oor hierdie matriekroete met sy bewese sukses tot by universiteit

Ek het hierdie week ʼn heerlike gesprek gehad met Annerine Wenhold oor matriekopsies vir tuisskolers. Die Wenholds het die Amerikaanse hoërskooldiploma vir hulle matriekseun gekies en Annerine praat oor haar ervaring daarmee.

Kom hoor onder andere:

  1. Hoe maklik dit is om die papierwerk af te handel sodat jou kind toelating tot die universiteit kan kry
  2. Presies watter dokumente jou kind nodig het
  3. Hoe jy matriek selfs in Afrikaans kan voltooi volgens hierdie roete

“Dis ʼn bewese roete met kinders wat reeds op universiteit is,” sê Annerine.

In die onderhoud vertel sy juis van ʼn meisie wat tans Ingenieurswese studeer nadat sy die Amerikaanse hoërskooldiploma verwerf het.

As jy graag meer inligting oor hierdie matriek wil hê, kontak gerus vir Annerine. Sy bied ʼn konsultasiediens aan tuisskolers om hulle met hierdie keuse te help.

Stuur gerus vir haar ‘n e-pos na: @Kairos AcademySA 

Luister ook hier na die oolfant potgooi

OP SOEK NA MEER HULP EN RAAD OOR TUISONDERWYS?

Skryf gerus in vir hierdie gratis kursus

Weet jy nie waar om met tuisonderwys te begin nie?

Voel jy skoon verward oor al die opsies en keuses en moontlikhede?

➡️ ➡️ ➡️ Begin hier.

In Gratis&Verniet gaan jy alles vind sodat jy dadelik met tuisonderwys kan wegspring.

Vind onder andere uit:

  • Waarop jy moet fokus as jou kinders laerskoolouderdom is
  • Wat al die voor- en nadele van elkeen van die verskillende matriekroetes is
  • Hoe om jou kind se werk te merk
  • Hoe om ander mense (en jouself) te oortuig dat tuisskool die beste ding is
  • Hoe om te weet of jy jou kind op standaard is

Daar is:

  • Voorbeeldlesse
  • Webinare (3 ure se kyktyd)
  • Video’s (2 ure se kyktyd)
  • Werkboeke wat jy kan deurwerk om jouself op koers te kry
  • PDF’s met van die beste idees oor tuisonderwys
  • ʼn Aftiklysies wat jou help om die ideale tuisskooldag te beplan
  • Platsakplanne wat jy kan maak

Geniet hierdie skatkis van gratis hulpbronne wat jou dadelik:

  • Gemoedsrus
  • Fokus
  • Goeie struktuur
  • Afskopplekke gaan gee

Maak ʼn skittersukses van tuisonderwys.

Dis moontlik om matriek in Afrikaans te skryf. Sonder om CAPS te gebruik. Luister meer en vind uit hoe jy dit kan regkry.

Leave a comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

19 − 1 =