Lekkerleesboeke

Hou dadelik op om skuldig te voel oor lekkerleesboeke

“Jy jok soos ’n bok en jy lieg soos ’n vlieg,” het ons mekaar kleintyd gekoggel as een van ons die ander een op ’n leuen betrap het. Dis my reaksie as ek hoor mense sê lekkerleesboeke is tydverkwisting. Is jou kind een van daardie kinders wat net vir plesier wil lees en wat nie van meer literêre boeke of van gedigte hou nie? Toemaar, hy of sy bevind hulle in goeie geselskap. Een van die gewildste kategorieë van ons leeslys vir Afrikaanse tuisskolers, waarvoor hope titels voorgestel is, is die lekkerleesboeke.  Ek noem hierdie boeke die DAASS groep: diere-, aksie-, avontuur, spanning- en speurverhale.

Lekkerleesboeke kan die poort na moeiliker boeke wees

Moenie die waarde van hierdie boeke onderskat nie. Om hierdie boeke saam met jou kinders te lees en om daaroor te praat, kan ’n wonderlike band tussen jou en hulle vorm. Soos een pa, wat verskeie van die gewilde speur- en avontuurreekse vir die lys voorgestel het, skryf: “Om die Trompie -boeke te lees, laat my terugverlang na eenvoudiger tye. Ek kan nie help om saam met die kinders te lag vir al die Boksombende se manewales nie. Ja, my kinders hou van speurderboeke.” Lekkerleesboeke is ook dikwels die poort waar deur trae lesers tot by moeiliker, meer literêre boeke kan uitkom. Selfs al kom hulle nooit by groot letterkunde uit nie, is daar hope ander voordele wat meer lees vir hulle inhou:

Lekkerleesboeke bou ’n beter woordeskat

Selfs skrywers van populêre boeke kan mens bekendstel aan woorde soos ‘lukraak’ of ‘proefondervindelik’ of ‘negeer’. Woorde soos dié stel die kind aan meer konsepte bekend. Hoe meer konsepte sy woordeskat weerspieël, hoe beter kry hy ’n greep op die komplekse wêreld waarin hy moet leef en presteer.

Lekkerleesboeke bou beter taalvermoë

Omdat hulle gretig agter die storie aan lees, kan lekkerleesboeke baie help om beginnerlesers vlotter te laat lees. En om goed, vinnig en met begrip te kan lees is ’n vaardigheid wat hulle hul lewe lank baie nodig gaan hê.

Lekkerleesboeke bou beter denkvermoë

’n Goeie speurstorie, ag eintlik enige storie wat ’n leser bevredig, het ’n basiese denkstruktuur nodig waarin die storie getrou is aan homself. Alle vertellinge is ’n soort oefening in logika. En om logies en sistematies te kan dink, is nog ’n vaardigheid wat alle suksesvolle mense nodig het.

Lekkerleesboeke bou aan ’n beter algemene kennis

Toe hulle boeke vir hierdie kategorie voorgestel het, het talle ma’s gepraat hoe kinders terloops dinge leer deur stories te lees. Selfs feitefoute in ’n boek kan ’n geleentheid wees om ’n kind se algemene kennis verbeter. My twee het dit byvoorbeeld skreeusnaaks gevind om Afrika-diere soos kameelperde en olifante op ’n Suidsee-eiland aan te tref in die klassieke “Die familie Robinson”. Hulle het geweet dit kan nie waar wees nie, maar dit het my die geleentheid gegee om te praat oor wat die skrywer se oogmerk met die storie was. En oor wat die verskil tussen fantasie en werklikheid is.

Lekkerleesboeke bou aan ’n beter verbeelding

Hiermee bedoel ek dat kinders deur stories in ander mense se koppe kan klim en in hulle spreekwoordelike skoene kan staan. Die vermoë om jou in ’n ander mens se situasie te kan indink, is wat sielkundiges empatie noem. Dis nog ’n sleutelvermoë wat elke mens nodig het om te kan floreer as ’n sosiale wese. Maar lees oefen ook verder aan kinders se verbeelding. Onthou dat Einstein gesê het om jou dinge te kan verbeel is belangriker as om dinge te weet. Hy het die storie vertel hoe hy hom as sestienjarige verbeel het hy jaag ’n ligstraal rond. Dié denkeksperiment het hom later gehelp om sy teorie van spesiale relatiwiteit te formuleer.

Kry ’n uitdrukbare bladsy oor die voordele van lekkerleesboeke

Kry toegang tot ’n uitdruk oor die voordele van lekkerleesboeke deur in te teken op my poslys. (WENK: Lus om jou kritici te oortuig dat jy weet wat jy doen met jou tuisonderrig? Dan is dit net die soort bladsy wat jy in jou huis moet laat rondlê!)

Kry ons leeslys hier

As jy dit nog nie het nie, kry ons leeslys hier. Die ouderdomme wat daarop aangegee word, is net ’n riglyn. Laat weet my as jy met van die ouderdomme nie saamstem nie. Die plan is ook om die leeslys van tyd tot tyd aan te vul en te verbeter. As jy voorstelle vir nog boeke het of iets wil verander of byvoeg by van die bestaande boeke, laat hoor gerus van jou. Dis mensewerk, so daar mag ook foute op die lys wees. Laat weet my daarvan ook. Hier is die Pinterest bord waar ek van die DAASS boeke dit is diere-, aksie-, avontuur, spanning- en speurverhale) begin plaas het. Weer eens, steek die pins op jou borde vas, lewer kommentaar op die stories. Kom ons help mekaar so.
Lekkerleesboeke is dikwels die poort waardeur trae lesers by moeiliker boeke kan uitkom. Maar lekkerleesboeke het ook ander voordele.

Leave a comment