Wil jy jou kind leer lees? Vergeet van die alfabet 6


Dis by leer klank waar mens met lees begin. Rosa Scheepers, skepper van My Afrikaanse Avontuur, praat oor die begindae (én die later dae) van hoe leer klank en leer lees bymekaar inskakel. 

Ek onthou so goed hoe ek taal as ’n kind ervaar het. Dit was vir my baie opwindend. Al die maniere wat klanke, woorde en sinne aanmekaar skakel en die logika daaragter het my sewejaaroue brein baie opgewonde gemaak. Ek onthou hoe ek ‘diamantring’ in my Graad 1 sin geskryf het, en hoe die onderwyser dit trots aan ’n Graad 2 onnie gewys het.

My ervaring is egter nie almal s’n nie. As dit by tale kom, is aanleg ’n realiteit, maar tog is dit hartseer om te dink dat vir soveel jong leerders taal uiters vervelig is en later ’n verskriklike frustrasie.

Taalverwerwing is ’n legkaart wat stuk vir stuk so mooi bymekaar pas om uiteindelik ’n prentjie te vorm…

Ongelukkig, as een stukkie weg is, is die prent net nie meer so mooi nie.

Leer lees: die 4 boublokke

Dit is om hierdie rede dat ek oortuig is daarvan dat taal in al sy aspekte van vroegs af aan die nuwe leser voorgestel moet word. Taal bestaan uit die volgende vier dele:

    1. klanke
    2. spelling
    3. taalleer
    4. skryfleer
  1.  
  1.  

Laat jy een van hierdie aspekte uit, maak die legkaart nie sin nie.

Leer lees begin by leer klank

Die eerste een, klank, word van kleins af geleer. Van die dag wat ’n baba gebore word, word hy blootgestel aan die harmonie van klanke rondom hom. (Vir gemaklikheidsdoeleindes gebruik ek ‘hy’, maar ek bedoel die heeltyd ‘sy’ ook.)

Dit is harde werk om die logiese patroon van hierdie klanke uit te werk, maar tog doen die kind dit reeds al tussen die ouderdom van een en twee jaar. Sy taalavontuur het klaar begin.

Wat is die ouer se rol in hierdie fase?

Die ouer se rol is:

  • om klanke duidelik uit te spreek
  • nie te oorrond nie (klanke word met ronde lippe uitgespreek wanneer dit nie nodig is nie)
  • nie te ontrond nie (klanke word uitgespreek sonder om lippe rond te maak wanneer dit nodig is)

Streef daarna om kort maklike sinne te sê en altyd duidelik te praat. Dit sal die aanleer van lees en skryf, wanneer dit uiteindelik aanbreek, baie vergemaklik.

Die ouer moet ook baie vir die kind lees, tot twee ure per dag. Voorlees is nie net ’n wonderlike taalervaring nie, maar ook die beste tyd om ’n goeie taalband tussen ouer en kind te vorm.

Wanneer die kind tussen vyf en ses is, mag hy reg wees om die alfabet te begin leer. Wanneer hy die alfabet leer, moet hy nie die name van die letters leer nie, maar eerder die klanke byvoorbeeld: ‘ a, be, ce, de…’ Dit is tog wat hy al van kleins af hoor.

Om te herhaal: dis by leer klank waar mens met lees begin.

Ek glo werklik nie dis krities belangrik om die alfabet in die regte volgorde te leer nie. ’n Mens kan ook met die kind se naam se letters begin, of hom die vrymoedigheid gee om te kies watter letters hy eerste wil leer.

Voordat die kind die groot taak van leer lees kan aanpak, moet hy eers ’n paar dinge in plek hê. Hy moet meeste van die alfabetklanke ken. Hy moet kan onderskei tussen begin- en eindklanke en moet letters kan saamsnoer om ’n woord te kan vorm. Onthou dis by leer klank waar lees afskop.

Hier is twee idees van speletjies wat jy met jou kind kan speel om klanke te leer onderskei

  1. Die eerste een is om die woord baie, baie stadig te sê en dan vir die kind te vra of hy kan sê wat jou geheime woord is.

Byvoorbeeld: rok-kie of kom-buis-ta-fel

  1. Die tweede speletjie is om jou vuis op te hou en vir elke klank ’n vinger op te lig. Jy kan jou kind dan vra watter vinger wys watter klank. Aan die begin sal die kind sukkel, maar met tyd sal hy dit mooi regkry.

Byvoorbeeld vir die woorde mannetjie:

man (duim gaan op)
nie (wysvinger gaan op)
kie (middelvinger gaan op)

Leer klank, leer lees: spelling

Wanneer die kind hierdie klankvaardighede in plek het, is hy reg om te leer lees en spel.

Die spelling van woorde, veral in Afrikaans, is baie logies. Daarom is dit beter om te leer spel met ’n klem op spelreëls. Die gebruik van ’n paar sigwoorde is nie ’n slegte idee nie, want dit sal die kind se leesspoed verbeter, maar dit moet nie die hoofklem dra nie.

Die voordeel van spelreëls is dat die kind dan enige woord kan spel en nie net die woorde wat hy gememoriseer het nie. Dit sit ook die logiese proses voort wat jou kind al van kleins af beoefen.

Leer lees: taal- en skryfleer

Ek is ook oortuig daarvan dat ’n kind taal- en skryfleer van die begin af moet leer. Hierdie aspekte vorm deel van die legkaart van taal. Solank die aanbieding genotvol en sistematies (konsepte bou op mekaar) is, is dit eintlik die beste tyd om die reëls van grammatika en skrif vir ’n kind te leer, want hy wonder nie hoekom dit nodig is nie. Hy aanvaar dit net as deel van die proses.

Die rede hoekom hierdie laaste twee aspekte ook belangrik is, is omdat die ouer moet onthou dat lees begin en eindig nie net by die vermoë om klanke bymekaar te sit vir ’n mens se eie genot nie, maar ook om begrip te ontwikkel oor wat ’n mens lees. Geen storie, artikel, nuusberig of advertensie is sonder onderliggende boodskappe nie. ’n Mens het al die aspekte van taal nodig om hierdie boodskappe te kan analiseer en te kan verstaan.

Leer klank, leer lees: hoe word taal aan die kind gebied?

Ons het nou na die verskillende ‘stukke’ van die legkaart van taal gekyk, maar nog ’n aspek wat van kritiese belang is, is hoe taal aan die kind gebied word.

Ek glo sterk dat mens die kind moet ontmoet daar waar hy is. Die ouderdom tussen ses en tien jaar is die fase van fantasie en verbeelding, van spel en ontdekking.

As ’n mens hierdie belangrike fasette van ’n kind se menswees ignoreer, gaan hy sukkel om die aspekte van spelling, taalleer en skrifleer sy eie te maak. Hy gaan konstant die vervelige wêreld van taal wil ontsnap en eerder wil terugkeer na sy prettige wêreld van spel. Maar as die proses van taal aanleer ’n avontuur is… dan vorm dit deel van sy reeds genotvolle kinderervaring.

Taal is werklik ’n avontuur. Dit is die sleutel tot kommunikasie met mense; tot miljoene verskillende boeke en tot die ervaring van die wêreld rondom ’n mens. Dit is ook net die begin, want as ’n mens een taal bemeester het, raak die aanleer van ’n tweede taal makliker; en van ’n derde en van ’n vierde…

Mag jy aangespoor word om dié sleutel ook vir die volgende generasie te gee. Onthou spring weg met leer klank en leer lees sal makliker kom.

Meer oor Rosa:

Sy is regtig gek oor woorde. Regtig, regtig gek oor hulle. So gek oor woorde is Rosa, sy het gereeld as ’n kind woordeboeke saamgepiekel op vakansie! Sy het ’n interessante lewe gehad wat begin het in Pretoria, toe ’n draai in Frankryk gemaak het, waar sy as ’n kinderoppasser gewerk het. Daarna is sy Kaapstad toe, waar sy haar BA graad in Engels, Frans en Moderne Hebreeus behaal het.

In Kaapstad het haar lewe ’n paar drastiese veranderinge ondergaan. Dit was hier waar die Here haar Sy kind gemaak het, sy haar man ontmoet het, getrou het en swanger geraak het met haar eerste kind. Hulle gesin het intussen na Johannesburg getrek. Toe haar oudste kind moes leer lees, het sy baie gesukkel om Afrikaanse leerstof in die hande te kry. Teen die tyd wat nommer twee opgedaag het, het sy besluit: genoeg gesukkel. En dis hoe My Afrikaanse Avontuur gebore is.

Intussen het Rosa hierdie jaar ook My Geskiedenis Avontuur uitgebring. Haar doel hiermee? Stel die wêreldgeskiedenis op ’n interessante en genotvolle manier bekend aan die jong kind. Elke les bevat ’n storie,begripsvrae, ’n oorvertellingsblad, ’n tydlynaktiwiteit, relevante prentjies, inkleurprente en ander lekker aktiwiteite. Die lessies word maandeliks vrygestel aan die wat die produk gekoop het.

Lees hier meer.

KLIK HIER vir meer wenke om jou kind te leer lees.

Weet jy nie waar om met tuisonderwys te begin nie?

Voel jy skoon verward oor al die opsies en keuses en moontlikhede?

BEGIN HIER

Rosa Scheepers, skepper van My Afrikaanse Avontuur, skryf hoe sy die begindae (én die later dae) van leer lees sien .Die paadjie na lees begin by klank!
Rosa Scheepers, skepper van My Afrikaanse Avontuur, skryf hoe sy die begindae (én die later dae) van leer lees sien .Die paadjie na lees begin by klank!
Rosa Scheepers, skepper van My Afrikaanse Avontuur, skryf hoe sy die begindae (én die later dae) van leer lees sien .Die paadjie na lees begin by klank!
Rosa Scheepers, skepper van My Afrikaanse Avontuur, skryf hoe sy die begindae (én die later dae) van leer lees sien .Die paadjie na lees begin by klank!
Rosa Scheepers, skepper van My Afrikaanse Avontuur, skryf hoe sy die begindae (én die later dae) van leer lees sien .Die paadjie na lees begin by klank!
Rosa Scheepers, skepper van My Afrikaanse Avontuur, skryf hoe sy die begindae (én die later dae) van leer lees sien .Die paadjie na lees begin by klank!
Rosa Scheepers, skepper van My Afrikaanse Avontuur, skryf hoe sy die begindae (én die later dae) van leer lees sien .Die paadjie na lees begin by klank!
Rosa Scheepers, skepper van My Afrikaanse Avontuur, skryf hoe sy die begindae (én die later dae) van leer lees sien .Die paadjie na lees begin by klank!
Rosa Scheepers, skepper van My Afrikaanse Avontuur, skryf hoe sy die begindae (én die later dae) van leer lees sien .Die paadjie na lees begin by klank!
Rosa Scheepers, skepper van My Afrikaanse Avontuur, skryf hoe sy die begindae (én die later dae) van leer lees sien .Die paadjie na lees begin by klank!

Leave a comment

6 thoughts on “Wil jy jou kind leer lees? Vergeet van die alfabet

  • Jo-Anne v Rensburg

    3 van my 4 kinders het op hulle eie leer lees en hulle is nog steeds lief vir boeke. Voorlees! Die een wat nog nie lees nie, is 12 jaar oud. Hy het ‘n goeie begrip van wat voorgelees word en hy leef vir voorlesings. ‘n Familie lid het vir ons gesê dit is nie vreemd vir kinders om na 12 eers te leer lees nie. ‘n Kind wat na 12 eers leer lees, lees baie keer met meer begrip as vroeë lesertjies. Ek is heel bereid om hom te “los” maar dit maak Pa benoud en dit maak Boetie ook benoud en minder geneë om sy lees te oefen.

    • marisa

      Jo-Anne, my seun kon op 12 ook nog nie lees nie. Vandag is hy amper 21 en lees, soos wat jy sê, met baie begrip. Maar jou seun kom agter almal is bekommerd en boonop het hy drie boeties of sussies wat goed kan lees. Mens wil nie hê dat hy mettertyd ‘n blok oor lees kry nie. Kan jy hom dalk sover kry om hardop vir jou voor te lees uit maklike, maar oulike boeke? Net ‘n bietjie op ‘n slag?

  • Jan Henderson

    Ek het dit op myself geneem om ‘n volwasse man van 37 te leer lees en skryf.
    Het jy enige voorstelle waar om te begin.
    Ek het nou reeds vir hom die alfabet neergekryf om dit te probeer neerskryf.
    Dit is ‘n groot onreg wat sy ouers aan hom gedoen het. Die arme man het nie eers ‘n geboorte sertifikaat of ‘n ID dokument nie.
    Hy kan sy naam skryf. Ek dink iemand het dit vir hom geleer en hy het net dit gememoriseer.
    Hy praat normaal, behalwe dat hy oor sy woorde val omdat hy te vinnig wil praat, als is verstaanbaar wat hy sê.

    Byvoorbaat dank,

    Jan Henderson.

    • MarisaH

      Hallo Jan. Wat ‘n wonderlike ding wat jy vir hierdie persoon doen! Moenie soseer aan die alfabet dink nie. Dink eerder aan klanke, as letters. Begin by sy naam. Kyk hoeveel klanke en klankkombinasies kan jy daaruit kry waarmee julle kan rondspeel. Kom ons vat jou naam as ‘n voorbeeld. Van Jan kan ons kan, pan en van maak. Werk aan die begin met konkrete dinge, eerder as abstrakte begrippe, die kan is ‘n koffiekan nie kan soos iets wat mens “kan” doen nie. Hou dit prettig en speels. Wees oneindig geduldig. Baie sterkte.

      Hierdie artikel kan verder ook help: https://oolfant.com/leer-lees/