“Panic jy?” – Kuberkuier met Karin

Hier teen September van 2004 was ek op. Die chemo was agter die blad (dus geen hare nie), maar die elkedaagse bestraling het toe nog voorgelê. En toe raak alles net vir my te veel en konk ek in. Heeltemal net in. Nou kyk, ek is van nature ’n bekommerpot. Geneig om maklik oorweldig te voel. Oortuig dat dinge nie gaan uitwerk nie.

Teen die einde van 2004 het ek daarom vas geglo dat ek besig was om ’n totale flop van tuisskool te maak. Ek was so moeg en siek. En ek het so bitteralleen gevoel.

Ek skraap toe my moed bymekaar en bel vir Karin van Oostrum van die Pestalozzi Trust. Wat Karin toe doen, was om te reël dat ’n hele spannetjie tuisskolers vir maande om my skaar en my staande hou. Tuisskooltieners het na ons huis toe gekom en vir my kinders stories kom voorlees of met hulle kom speel. Tuisskoolma’s het by my kom tee drink en my moed ingepraat. En so het ek behoue deur my kankerjaar en eerste tuisskooljaar gekom.

Daardie ervaring is die rede waarom ek altyd vir nuwe tuisskolers sê: sorg dat jy vriende maak. Kry ondersteuning.

Kuberkuier met Karin, ons eie mevrou Tuisonderwys

Hierdie week het ek vir jou ’n kuberkuier met die einste Karin, ons eie Mevrou Tuisonderwys. Sy was onlangs by ’n internasionale tuisskoolkonferensie in Rusland. Die Pestalozzi Trust hou en bou internasionale bande, want soos Karin sê: “Ons het waarskynlik ’n lang en taai stryd voor ons om te sorg dat die regering hulle kloue uit tuisskoolgesinne se haartjies hou.”

Die internasionale tuisskoolgemeenskap en spesifiek die Amerikaanse tuisskolers het Suid-Afrikaanse tuisskolers al in die verlede ook gehelp. In 1994 het hulle ’n hele briefskryf- en faksveldtog van stapel gestuur en so gesorg dat die Meintjies gesin uit die tronk vrygelaat is. Dis beslis die moeite werd om bondgenote in die buiteland te hê.

By die konferensie moes Karin ook ’n praatjie lewer. Dis wanneer sy daarvan vertel dat sy ophelder. “Vir my was die lekkerste van die konferensie die kontak met die Russiese tuisskoolma’s. Hulle sukkel maar met dieselfde dinge as die Suid-Afrikaanse ma’s. En as mens regtig luister na mense wat sukkel, maak hulle oop.”

Karin se raad aan die Russiese ma’s is maar dieselfde as aan SA ma’s

Die raad wat sy aan hierdie jong Russiese ma’s gee? Maar dieselfde as wat sy veertien jaar gelede aan my gegee het. “Jy is nie alleen nie. Soek ander tuisskolers op …”

Maar daar is meer raad. Luister gerus na die hele onderhoud vir tonne inspirasie en bemoediging.

Of kyk daarna! Want danksy die pragtige foto’s wat Karin beskikbaar gestel het (en ’n paar wat ek van die internet gekry het!) kry haar vertelling lewe en voel dit of jy saam met haar en haar twee dogters dáár in St Petersburg en Moskou is.

Geniet dit.

En moed hou. Want onthou, jy is nie alleen nie.

Lus vir meer artikels wat mens moed gee vir tuisonderwys?

KLIK HIER en sien wat is beskikbaar op hierdie webwerf.

Weet jy nie waar om met tuisonderwys te begin nie?

Voel jy skoon verward oor al die opsies en keuses en moontlikhede?

Begin by hierdie gratis aanlyn kursus, wat vir jou hope raad en wenke gaan gee.

Vind onder andere uit:

  • Waarop jy moet fokus as jou kinders laerskoolouderdom is
  • Wat al die voor- en nadele van elkeen van die matriekroetes is
  • Hoe om jou kind se werk te merk
  • Hoe om ander mense (en jouself) te oortuig dat tuisskool die beste ding is
  • Hoe om te weet of jy jou kind op standaard is

Daar is:

  • Voorbeeldlesse
  • Webinare (3 ure se kyktyd)
  • Video’s (2 ure se kyktyd)
  • Werkboeke wat jy kan deurwerk om jouself op koers te kry
  • PDF’s met van die beste idees oor tuisonderwys
  • ʼn Aftiklysies wat jou help om die ideale tuisskooldag te beplan
  • Platsakplanne wat jy kan maak

Geniet hierdie skatkis van gratis hulpbronne wat jou dadelik:

  • Meer gemoedsrus
  • Fokus
  • Goeie struktuur
  • Afskopplekke gaan gee

Maak ʼn skittersukses van tuisonderwys.

Karin van Oostrum van die Pestalozzi Trust was in 2018 by ’n internasionale tuisskoolkonferensie in Rusland en sy vertel hoe dit gegaan het.

Leave a comment