Laat jou kind gerus speel – dis goed vir hom, en vir jou!
‘n Ma kan haar so bekommer as haar kind nie kan of wil speel nie.
Kom luister hoekom jou instink reg is, hoekom speel noodsaaklik is vir ‘n kind se ontwikkeling, en hoe jy jou kind kan aanmoedig om hom meer spelerig te maak (en hoor sommer ook van ‘n paar “moenies” , wat koue water oor daardie prettige spelerigheid in ‘n kind gooi).
Maak plek vir SPEEL in jou tuisskoolprogram vir die jaar – en as jy oor ‘n jaar of wat terugkyk, sal jy verbaas wees hoe julle lewens verander het!
Weet jy nie waar om met tuisonderwys te begin nie?
Voel jy skoon verward oor al die opsies en keuses en moontlikhede?
➡️ ➡️ ➡️ Begin hier.
In Gratis&Verniet gaan jy alles vind sodat jy dadelik met tuisonderwys kan wegspring.
Vind onder andere uit:
- Waarop jy moet fokus as jou kinders laerskoolouderdom is
- Wat al die voor- en nadele van elkeen van die verskillende matriekroetes is
- Hoe om jou kind se werk te merk
- Hoe om ander mense (en jouself) te oortuig dat tuisskool die beste ding is
- Hoe om te weet of jy jou kind op standaard is
Daar is:
- Voorbeeldlesse
- Webinare (3 ure se kyktyd)
- Video’s (2 ure se kyktyd)
- Werkboeke wat jy kan deurwerk om jouself op koers te kry
- PDF’s met van die beste idees oor tuisonderwys
- ʼn Aftiklysies wat jou help om die ideale tuisskooldag te beplan
- Platsakplanne wat jy kan maak
Geniet hierdie skatkis van gratis hulpbronne wat jou dadelik:
- Gemoedsrus
- Fokus
- Goeie struktuur
- Afskopplekke gaan gee
Maak ʼn skittersukses van tuisonderwys.