Vereenvoudig julle lewens en fokus op die vier hoofbestanddele vir suksesvolle tuisonderwys.
Gevind: ‘n wenresep vir tuisonderwys – en hy het net 4 bestanddele!
Kom hoor ‘n bietjie wat die kernbestanddele is vir ‘n wenresep vir jóú tuisonderwys. Dis eintlik baie eenvoudig – so eenvoudig soos broodbak. Net ‘n paar kernbestanddele maak ‘n spogbroodjie.
Waag dit om jou kop skoon te maak, en jou los te wriemel uit die web van ingewikkelde, moeisame, soms baie vervelige en spannende dae. Fokus op die kernbestanddele, en begin weer rustig asemhaal.
Dit kan regtig gedoen word. Onthou: dis nooit te laat om ‘n nuwe blaadjie om te slaan nie!
Weet jy nie waar om met tuisonderwys te begin nie?
Voel jy skoon verward oor al die opsies en keuses en moontlikhede?
➡️ ➡️ ➡️ Begin hier.
In Gratis&Verniet gaan jy alles vind sodat jy dadelik met tuisonderwys kan wegspring.
Vind onder andere uit:
- Waarop jy moet fokus as jou kinders laerskoolouderdom is
- Wat al die voor- en nadele van elkeen van die verskillende matriekroetes is
- Hoe om jou kind se werk te merk
- Hoe om ander mense (en jouself) te oortuig dat tuisskool die beste ding is
- Hoe om te weet of jy jou kind op standaard is
Daar is:
- Voorbeeldlesse
- Webinare (3 ure se kyktyd)
- Video’s (2 ure se kyktyd)
- Werkboeke wat jy kan deurwerk om jouself op koers te kry
- PDF’s met van die beste idees oor tuisonderwys
- ʼn Aftiklysies wat jou help om die ideale tuisskooldag te beplan
- Platsakplanne wat jy kan maak
Geniet hierdie skatkis van gratis hulpbronne wat jou dadelik:
- Gemoedsrus
- Fokus
- Goeie struktuur
- Afskopplekke gaan gee
Maak ʼn skittersukses van tuisonderwys.